+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

VRYHEID VAN SPRAAK – STAND VAN SAKE NOU?

Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 7/05/2024

 

Inleiding:

Suid-Afrikaners het nie altyd die reg gehad op vryheid van spraak, om idees en inligting vrylik te deel en ontvang, om vrylik te sê wat hulle dink nie. Ons land het ‘n geskiedenis van swaar sensuur gehad. Die staat het besluit of sy burgers “volwasse” genoeg was om aan wat ookal blootgestel te word. Voorbeelde van sulke wette sluit die Publikasie Wet van 1974 in, wat enige materiaal wat as “ongewens” beskou is verbied het en diegene aan strafmaatreëls onderwerp het wat dit besit het. Dit het ingesluit die Wet op Wet op die Registrasie van Nuusblaaie en Drukkersname van 1972, wat die vryheid van die pers beperk het deur koerante te dwing om hul ‘voorgenome aard en inhoud’ vooraf te verklaar. Ook die Poskantoor Wet van 1958 wat dit bemagtig het om posartikels, telegramme en telefoonboodskappe te onderskep vir staatsveiligheidsdoeleindes.

Vandag waarborg artikel 16 van die Grondwet vryheid van spraak, spesifiek gemik op die vryheid van die pers en ander media; die vryheid om inligting of idees te ontvang óf te deel; die vryheid van artistieke skepping; én op akademiese vryheid.

Die staat is verplig om die reg te respekteer, beskerm, bevorder en te vervul (artikel 7 van die Grondwet).

Hierdie artikel beoog om ‘n oorsig te bied van die regslandskap wat vryheid van spraak onderlê. En dien as’t ware as ‘n termometer om te bepaal hoe hierdie reg vaar.

 

Stappe vorentoe:

Onlangs is die misdaad van laster afgeskaf (sien artikel 34(1) van die Wysigingswet op Regsake, 2023). Dit hou verreikende implikasies in vir joernaliste, die burgerlike samelewing en die breër raamwerk van vryheid van spraak in Suid-Afrika, aangesien individue die angswekkende vooruitsig van gevangenisstraf vir laster in die gesig gestaar het.

Dit was altyd ‘n probleem omdat die dreigement van strafbare sanksies ‘n werklikheid was vir dié wat publieke figure openlik kritiseer óf afwykende standpunte huldig. Dit het nie net ondersoekende joernalistiek belemmer nie, maar ook die vermoë van die burgerlike samelewing om diegene in posisie aanspreeklik te hou.

Openbare diskoers sal nie meer deur die dreigement van strafbare sanksies vir kritisering van openbare figure in terme van afwykende  standpunte onderdruk word nie. Dit is die lewensbloed wat ‘n demokrasie lewendig hou.

In die Departement van Justisie se memorandum oor die Wet, toe dit voor die Parlement as ‘n Wetsontwerp (dit is ‘n voorgestelde wet) voorgehou is, het dit uitgelig dat, “Laster tans ‘n strafbare feit in die Republiek is en vorm ook die grondslag van deliktuele aanspreeklikheid. Die Verenigde Nasies, sowel as buitelandse owerhede, het besorgdheid uitgespreek oor die ‘afkoelingseffek’ van sulke oortredings, veral op joernaliste en pleit vir die afskaffing van sulke wette. Daar is goed gevestigde siviele remedies gebaseer op delikt, naas die oortreding van crimen injuria.”

Internasionale norme, soos dié vervat in die Universele Verklaring van Menseregte en die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte, beklemtoon die belang van robuuste beskerming van vryheid van uitdrukking.

Die afskaffing van strafbare laster verteenwoordig ‘n breek met die verlede waartydens dit gebruik is om die vrye uitruil van idees te smoor en die pers se vermoë om misbruik van mag aan te spreek, te belemmer. Tydens die apartheids era, kon  joernalis van strafbare laster en gevangenisstraf óf swaar boetes in die gesig staar, sou hulle ‘n artikel geskryf het wat die regering se beleid bevraagteken het óf menseregtesoortredings blootgelê het. Vandag beklemtoon die afskaffing daarvan ‘n verbintenis tot handhawing van die fundamentele reg op vryheid van uitdrukking (artikel 16 van die Grondwet).

 

Boer agteruit:

Crimen injuria is egter nog steeds ‘n gemeenregtelike misdaad. Dit bly ‘n misdaad om iemand se waardigheid óf privaatheid onregmatig en met opset te benadeel. Dit sluit dade in wat ‘n ander persoon se waardigheid afkraak, verneder óf skend. In Suid-Afrika word crimen injuria dikwels gegepas in gevalle waar aanstootlike taal óf gedrag teen ‘n individu of groep gerig is, veral met betrekking tot kwessies van ras, etnisiteit, godsdiens of seksuele oriëntasie.

Een noemenswaardige geval van crimen injuria is die Penny Sparrow-voorval, waar ‘n eiendomsagent rassistiese opmerkings op sosiale media gemaak het wat openbare verontwaardiging veroorsaak het en tot ‘n strafsaak gelei het met ‘n boete vir crimen injuria. Op soortgelyke wyse is Vicky Momberg aangekla van crimen injuria vir die gebruik van rassistiese uitlatings teenoor polisiebeamptes.

Dit het dus ‘n rol gespeel in onlangse hoëprofielhofsaak, veral in die aanspreek van haatspraak. As gevolg van die feit dat dit as ‘n gemeenregtelike misdaad geag word, kan die strafmaatreëls vir crimen injuria op grond van die presedent wat vorige sake  geskep geskep het, ‘n boete of gevangenisstraf tot gevolg het – tot R20 000,00 óf, alternatiewelik, gevangenisstraf vir ‘n tydperk van tot 12 maande. Daar is egter onsekerheid oor die konsekwente toepassing en potensiële oorvleueling met ander regsraamwerke, soos die Wet op die Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie, 2000 (“PEPUDA”) veral wat betref onlangse uitsprake gelewer in soortgelyke sake.

Ten spyte van kritiek op die arbitrêre hantering van sake, beklemtoon crimen injuria vervolgings die belangrikheid van die beskerming van menswaardigheid en die bekamping van haatspraak in die regslandskap van Suid-Afrika.

 

Haatspraakwet en Films- en Publikasiewet (en kennisgewing):

Die afskaffing van strafbare laster val saam met deurlopende debatte rondom die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraakwet (“Haatspraakwet”) wat poog om haatspraak binne Suid-Afrika se regskader aan te spreek. Kritici van die Haatspraakwet voer aan dat die breë en vae definisies daarvan moontlik inbreuk kan maak op vryheid van spraak. Daar is bekommernisse uitgespreek oor die grondwetlikheid van die bepalings van die Wet, veral die uitgebreide omvang daarvan en die strafmaatreëls van toepassing daarop.

Die FW de Klerk-stigting en ander belanghebbendes, het substansiële besware teen die Haatspraakwet geopper en is van mening dat bestaande wetgewing, soos die bogenoemde PEPUDA- en crimen injuria-statute, reeds meganismes vir die aanspreek van haatspraak bied sonder om in die kriminalisering daarvan te verval. Die Stigting voer verder aan dat die gebrek aan duidelike definisies en die strengheid van die strafmaatreëls onder die Haatspraakwet grondwetlike bekommernisse oor vryheid van uitdrukking en die regstaat nav ore bring.

Dus, al is dit ‘n stap in die positiewe rigting, bring die afskaffing van strafbare laster steeds vrae na vore in die lig van bestaande wetgewing, soos die Haatspraakwet.

Gelyklopend met wetgewingsontwikkelinge het die Films- en Publikasieraad (“FPB”) regulasie per kennisgewing op 22 Maart 2024 uitgereik wat valse inligting en nuus in terme van die Films- en Publikasiewet van 1996 kriminaliseer. Hierdie regulasies wat ten doel het om skadelike inhoud te beperk, het bekommernisse oor hul potensiële impak op vryheid van spraakregte verhoog. Die FPB se breë interpretasie van verbode inhoud en die oplegging van strafmaatreëls vir digitale verspreiding stel uitdagings vir die vrye uitruil van idees en inligting.

 

Areas wat op gefokus moet word – moet ons hierdie spraak kriminaliseer?

Kieswet, 1998:

Die Kieswet, 1998 se kriminalisering van die publikasie van valse of lasterlike bewerings met betrekking tot ‘n verkiesing ten opsigte van ‘n party, sy kandidate, verteenwoordigers of lede; of ‘n kandidaat of daardie kandidaat se verteenwoordigers. Dit kan die party se skuldige kandidaat vir tot 10 jaar (artikel 94 saamgelees met artikels 97 en 98 van die Wet) in die tronk laat beland.

 

Siviele reg – oplossings sonder die tronkstraf of kriminele rekord:

Siviele laster:

Dit is belangrik om te let dat siviele remedies vir laster intak bly, soos bepaal in artikel 34(2) van die Wysigingswet op Geregshofaangeleenthede van 2023. Dus kan ‘n persoon nog aangekla word vir laster met remedies soos finansiële vergoeding, interdikte om verdere publikasie te voorkom, openbare verskoning en geregtelike kostebevele.

 

PEPUDA:

Artikel 10 van PEPUDA verbied die publikasie, verspreiding, propagering of kommunikasie van woorde gebaseer op grond van ras, geslag, gender, seksuele oriëntasie, godsdiens, oortuiging en gestremdheid, as daardie woorde redelik beskou kan word om ‘n duidelike voorneme te demonstreer om skadelik te wees, skade aan te rig en haat te bevorder óf te propageer (“haatspraak”).

Belangrik is dat PEPUDA ‘n siviele, nie ‘n strafreg is nie. In Qwelane v Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die Konstitusionele Hof verduidelik dat PEPUDA die strukturele posisies van verskillende groepe moet oorweeg en hoe woorde bydra tot sistemiese benadeling en onderdrukking.

In terme van PEPUDA het die regter heelwat kreatiewe hulpbronne tot sy beskikking, insluitende vergoeding vir slagoffers, bevele om diskriminerende gedrag te stop en deur boetes op te lê. Die publiek kan sien dat dit suksesvol toegepas is in gevalle soos dié van Khumalo. Khumalo se haatspraakopmerkings het beide regskritiek en diepgaande persoonlike besinning ontlok. Die hof se uitspraak het die grense van haatspraak vasgestel, waarin beklemtoon word dat aansporing om iemand leed aan te doen, óf dit nou gewelddadig is óf nie, onaanvaarbare spraak in terme van die wet konstitueer. Die uitspraak ‘n verwoestende impak op Khumalo gehad wat, introspeksie en verantwoordbaarheid vereis. Gedwing om die gevolge van sy woorde te bedink, het hy ‘n morele herlewing ondergaan wat die skade wat veroorsaak is deur sy opruiende retoriek, erken.

 

Slotsom:

Ten slotte, alhoewel daar vordering gemaak is met die afskaffing van strafbare laster, bly uitdagings bestaan met die Haatspraakwet en die Films- en Publikasiewet. En, terwyl siviele remedies soos PEPUDA voortduur om haatspraak te bekamp, is dit noodsaaklik om aan grondwetlike beginsels, veral artikel 16, te voldoen. Dit spreek tot die bekommernisse wat vervat is in die FW de Klerk-stigting se 2023 Menseregterapportkaart.

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).