+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING WENS NUWE AU-LEIERSKAP GELUK, MAAR SPREEK KOMMER UIT OOR JEUGUITDAGINGS IN AFRIKA

Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 19/02/2025

 

Die FW de Klerk Stigting wens H.E. Mahmoud Ali Youssouf (van die Republiek van Djibouti, Oostelike Streek) met sy verkiesing as voorsitter van die Afrika-unie (“AU”) Kommissie en H.E. Selma Malika Haddadi (van Algerië, Noordstreek) met haar verkiesing as ondervoorsitter. Albei is verkies tydens die 38ste Gewone Sessie van die Vergadering van Staatshoofde en Regeringshoofde in Addis Abeba op 15-16 Februarie 2025. Hul verkiesing is ‘n belangrike mylpaal vir Afrika-eenheid en leierskap, aangesien die vasteland ‘n uitdagende geopolitieke landskap in die gesig staar.

Die FW de Klerk Stigting waardeer hul verbintenis tot die bevordering van die AU se doelwitte, insluitend die bevordering van vrede, veiligheid en ekonomiese ontwikkeling. Hul leierskap sal deurslaggewend wees in die vorming van die toekoms van die vasteland en om die ambisieuse doelwitte wat in Agenda 2063 uiteengesit is, verder te dryf.

Terwyl die Stigting hierdie leierskapsverandering egter vier, spreek dit kommer uit oor die uitdagings wat Afrika se jeug in die gesig staar. Die vasteland huisves meer as 400 miljoen jong mense van 15 tot 35 jaar, wat die wêreld se grootste jeugbevolking verteenwoordig. Ten spyte van hierdie potensiaal, staar Afrika hoë jeugwerkloosheid in die gesig, wat in sommige streke meer as 25% beloop. Hierdie bekommerenswaardige statistiek beklemtoon die dringende behoefte aan belegging in onderwys, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping, om te verseker dat Afrika se jong mense betekenisvol tot die vasteland se groei kan bydra.

Benewens hoë werkloosheidsyfers, staar Afrika se jeug ook beduidende uitdagings in die gesig wat toegang tot gehalte-onderwys en gesondheidsorg betref. Volgens die African Development Bank is meer as 60% van jong mense in sommige streke nié in onderwys, werk óf opleiding nié (“NOWO”), wat hul geleenthede vir persoonlike en professionele groei ernstig beperk. Gesondheidsuitdagings, insluitend hoë vlakke van tienerswangerskap, MIV/VIGS en beperkte toegang tot reproduktiewe gesondheidsorg, belemmer die potensiaal van jong Afrikane verder. Die aanspreek van hierdie kwessies is noodsaaklik vir die vasteland se langtermynstabiliteit en groei, aangesien die jeugbevolking sentraal is tot Afrika se demografiese en ekonomiese toekoms.

Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting, het gesê: “Terwyl die verkiesing van nuwe leierskap ‘n rede tot optimisme is, moet ons nie die dringende behoefte om in Afrika se jongmense te belê, onderspeel nie. Hul potensiaal is die sleutel tot die vasteland se toekomstige welvaart.”

Ismail Joosub, Bestuurder van Grondwetlike Bevordering, het bygevoeg:Die grondslag van ‘n florerende Afrika lê in sy jeug. Om werklik die kontinent se potensiaal te ontsluit, moet ons jeugontwikkeling oor alle sektore prioritiseer en verseker dat onderwys, innovasie en entrepreneurskap die vertrekpunt is.”

Die FW de Klerk Stigting bly daartoe verbind om inisiatiewe te ondersteun wat Afrika se jeug bemagtig en ‘n voorspoedige, volhoubare toekoms vir die vasteland bou.