+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING HERDENK 30 JAAR SEDERT DIE AANVAARDING VAN SUID-AFRIKA SE GRONDWET

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 8 Mei 2026

Vandag is dit dertig jaar sedert die Grondwetlike Vergadering Suid-Afrika se Grondwet aanvaar het. Die Vergadering was Suid-Afrika se eerste demokraties verkose, nie-rassige parlement en het uiteenlopende politieke standpunte weerspieël.

Die Grondwet wat tot stand gekom het, was nie ’n produk van politieke onderhandelinge nie, maar die vrug van hierdie Vergadering se omvattende openbare konsultasie. Dit is gebore uit Suid-Afrikaners se moed en hoop. Hoop op ’n toekoms wat oorheersing verwerp en menswaardigheid, gelykheid en vryheid omarm.

“Die Grondwet is bewys dat diep verdeelde samelewings dialoog bo konflik kan kies,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting. “Die visie van ’n Suid-Afrika waar die staat self aan die reg onderworpe is, en waar almal menswaardigheid, gelykheid en vryheid geniet, bly vandag net so relevant as dertig jaar gelede.”

Daniela Ellerbeck, bestuurder van die Stigting se Program vir Grondwetlike Regte, voeg by: “Grondwetlike demokrasie word geduldig opgebou en doelbewus bewaar. Die Grondwet is opgestel om die Staat se mag te begrens en die kwesbares te beskerm. In ’n Suid-Afrika wat deur korrupsie en swak regering geteister word, is dit meer relevant as ooit. Om dié rede sal die Stigting voortgaan om daarna te streef om die Grondwet te beskerm en die se visie ’n werklikheid vir alle Suid-Afrikaners te maak.”

Met hierdie herdenking bevestig die Stigting opnuut sy vertroue in die Grondwet as ’n lewende raamwerk vir aanspreeklikheid, menswaardigheid en vreedsame verandering.

DIE ROL VAN MUNISIPALITEITE IN DIE BEVORDERING VAN ONS ERFENIS

Suid-Afrika se kulturele en taalerfenis is afhanklik van openbare ruimtes waar gemeenskappe kan leer, bymekaarkom en tradisies van een geslag na die volgende kan oordra. Munisipaliteite speel ’n belangrike rol in die instandhouding van plaaslike geriewe en openbare ruimtes wat help om hierdie grondwetlike regte in die alledaagse lewe betekenis te gee. Met Erfenismaand en die munisipale verkiesings wat nader kom, behoort gemeenskappe duidelike aanspreeklikheid te eis oor hoe hierdie ruimtes onderhou, befonds en beskerm word.

Read More »