+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM UITSPRAAK OOR DIE NASIONALE GESONDHEIDSWET

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 8 Mei 2026

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die Konstitusionele Hof se uitspraak gister, waarin verklaar is dat artikels 36 tot 40 van die Wet op Nasionale Gesondheid, 2003, ongrondwetlik is. Hierdie bepalings het vereis dat enigiemand wat ’n gesondheidsfasiliteit of -diens wil oprig of bedryf, ’n behoeftesertifikaat moet verkry om onder meer te bewys, dat die fasiliteit of diens noodsaaklikheid is, belyn is met staatsbeplanning en bydrae tot billike toegang tot gesondheidsorg.

Die uitspraak bevestig die Stigting se langdurige kommer dat die toenemende sentralisering van staatsmag toenemende beperkings op individuele vryhede plaas,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting. “Die staat se fokus behoort te wees om ‘n hoogs effektiewe en doeltreffende openbare gesondheidstelsel in stedelike en landelike gebiede te vestig en te verseker dat munisipaliteite ‘n bevorderlike omgewing skep wat aantreklik en veilig is vir gesondheidspraktisyns om ‘n wye verskeidenheid opsies te hê om van te kies. Ongelukkig, as gevolg van die wanbestuur van gesondheidsfasiliteite, is gesondheidspraktisyns nie bereid om hul veiligheid en professionaliteit op te offer as gevolg van disfunksionele gesondheidsentiteite nie,” sê van der Rheede verder.

Deur die staat die mag te verleen om ’n behoeftesertifikaat te weier, het die bepalings die staat effektief beheer gegee oor waar gesondheidswerkers mag praktiseer. Hoewel die staat aangevoer het dat dit billiker toegang tot gesondheidsorg sou bevorder, het die Hof opgemerk dat die Hooggeregshof se bevinding – dat die bepalings ligging eerder as gehalte reguleer – nie betwis is nie, en bevind dat die Wet se versuim om die regte en belange van geraakte gesondheidsverskaffers in ag te neem, irrasioneel is,” verduidelik Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Die uitspraak versterk verder die Stigting se standpunt dat aspekte van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering, 2023 -veral irrasionele ontwerp, buitensporige staatsdiskresie en die versuim om die regte van gesondheidsverskaffers voldoende in ag te neem – soortgelyke probleme inhou.”

Die Stigting herhaal sy steun vir wettige, deursigtige en grondwetlik-nakomende gesondheidsorghervorming wat toegang tot gehalte gesondheidsorg uitbrei terwyl die heerskappy van die reg, individuele vryhede en die integriteit van Suid-Afrika se gesondheidstelsel beskerm word.

WIE HOU TOESIG OOR DIE WAGHOND? BEKAMP MISBRUIK, NIE GODSDIENSVRYHEID NIE

.In hierdie artikel voer die FW de Klerk Stigting aan dat Suid-Afrika misbruik in godsdiensgemeenskappe moet aanpak sonder om wettige geloofsbeoefening onder staatstoesig te plaas. Bestaande strafregtelike, belasting- en niewinsgewende organisasie-wetgewing moet behoorlik toegepas word, terwyl geloofsgemeenskappe vrywillige beskermingsmaatreëls en aanspreeklikheid versterk. Die beskerming van gemeentelede moet nooit die uitoefening van godsdiensvryheid afhanklik maak van amptelike goedkeuring nie.

Read More »

WANNEER OPENBARE GELD WANBESTEE WORD, BETAAL GESINNE TWEE KEER

In hierdie tweede aflewering van die FW de Klerk Stigting se Money Smart Week Suid-Afrika 2026-reeks verskuif die fokus van persoonlike inkomste na die openbare geld wat bepaal hoe ver dit kan strek. Wanneer dienste misluk, betaal gesinne twee keer: eers deur belasting, tariewe en heffings, en dan weer om noodsaaklike dienste uit hul eie sak te vervang. Die artikel verduidelik waarom dit noodsaaklike dade van grondwetlike burgerskap is om die rand se spoor te volg, verantwoordbaarheid te eis en aan openbare prosesse deel te neem.

Read More »