Voormalige president FW de Klerk het onlangs ‘n eksklusiewe onderhoud gevoer met die Leier van Môre, Grégoire Roos van die St. Gallen-simposium.
Die St. Gallen-simposium is ‘n toonaangewende inisiatief vir debatte tussen verskillende generasies oor ekonomiese, politieke en sosiale ontwikkelinge. Die simposium vind jaarliks in Mei aan die Universiteit van St. Gallen, Switserland plaas.
Gedurende die simposium neem belangrike besluitnemers uit die velde van ekonomie, politiek, wetenskap en die samelewing deel om verskillende internasionale leiers te ontmoet en uit te ruil na aanleiding van die missie van die simposium: die bevordering van dialoog tussen verskillende generasies.
Tydens die onderhoud het mnr De Klerk – Nobelpryswenner en een van Afrika se mees senior staatsmanne – gepraat oor sy stryd om ‘n einde aan die apartheidsregime in Suid-Afrika te maak en het ook sy hegte verhouding – persoonlik en polities – met Nelson Mandela bespreek.
Mnr de Klerk het benadruk dat werklike leiers bereid moet wees om ongewildheid te waag deur besluite te neem wat hulle glo reg is. Mnr de Klerk beklemtoon ook die belangrikheid van wedersydse vertroue om komplekse politieke onderhandelinge suksesvol te voer en waarom vertroue instrumenteel is om nasionale versoening moontlik te maak.
Die onderhoud kan hier verkry word:
“Real Leaders Accept Risking Unpopularity by Taking Decisions They Believe to Be Right” | St. Gallen Symposium| St. Gallen-simposium
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
27 Januarie 2021