+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Soos die Verenigde Nasies (VN) egter tereg opmerk behoort elke dag Menseregtedag te wees en moet elkeen van ons, oral en ten alle tye, geregtig wees op die volledige spektrum van menseregte. Dit is veral waar met betrekking tot vroue en kinders, en die verskriklike oortredings wat sommige van hulle moet verduur, dikwels aan die hand van diegene wat die naaste aan hulle is.

Ons Handves van Regte verskans die regte van almal in ons land en bevestig die grondliggende waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Volgens en kragtens artikel 7(2) van die Grondwet moet die Staat “die regte in die Handves van Regte eerbied, beskerm, bevorder en verwesenlik“. Hierdie grondwetlike vereiste is veral belangrik vir vroue en kinders wat op die strafregstelsel steun om teen geweld beskerm te word – of dit nou fisies, seksueel of sielkundig van aard is. Dit is presies wanneer die bohaai rondom bewusmakingsveldtogte bedaar en die belangstelling van die publiek nie meer aan hierdie misdade aandag skenk nie dat vroue en kinders op die strafregstelsel moet kan steun – en op individuele wetstoepassingsbeamptes en aanklaers.

Geweld teen vroue en kinders is ernstige menseregteskendings wat dikwels spruit uit en versterk word deur kulturele praktyke en sosiale waardes. Ongelukkig is die strafregstelsel en individuele wetstoepassingsbeamptes en aanklaers nie immuun teen daardie sosiale praktyke en waardes nie. Gevolglik beskou of pak wetstoepassingsbeamptes en aanklaers nie geweld teen vroue en kinders met die selfde erns aan as wat die geval met ander soort misdaad sal wees nie.

Alhoewel die regering – binne die raamwerk van wetgewing, beleide, prosedures en praktyke – maatreëls kan ontwikkel om geweld teen vroue en kinders aan te pak, is dit steeds die plig van individuele polisiebeamptes en aanklaers om daardie maatreëls toe te pas. Dit is presies waarom die Staat versuim om die regte in die Handves van Regte te respekteer, te beskerm en te verwesenlik. Gewoonlik kan gespesialiseerde eenhede en beamptes nie geblameer word nie. Dit is egter ’n heeltemal ander stand van sake wanneer dit kom by die gemiddelde polisieman. Die uitdaging is dus om die gemiddelde beampte toe te rus om so gou as moontlik en op toepaslike wyse op voorvalle van geweld teen vroue en kinders te reageer. Dit vereis dat beamptes van alle eenhede (nie net gespesialiseerde eenhede nie) gereelde opleiding betreffende menseregte ontvang ten einde hulle bewus te maak van aangeleenthede wat met geslag en kinders verband hou. Dit noodsaak ook die inwerkingstelling van toepaslike beleide onder verskillende agentskappe wat met strafreg verband hou ten einde gekoördineerde, konsekwente en doeltreffende reaksies op geweld teen vroue en kinders deur personeel in daardie agentskappe te verseker. Dit noodsaak in elke geval ’n verandering in die houding van individuele beamptes van die strafregstelsel wat geweld teen vroue en kinders aanmoedig, regverdig of duld, en openbare ondersoeke en strafmaatreëls sal ingestel moet word indien hulle nie verander nie.

Slegs wanneer polisiebeamptes en aanklaers behoorlik opgelei is en in ’n omgewing werk waar menseregte waardeer en bevorder word, sal hulle in staat wees om daardie vroue en kinders wat aan geweld onderwerp word, op ’n wyse te help wat sensitief en responsief is teenoor daardie slagoffers se behoeftes. Slegs wanneer elke dag as Menseregtedag gesien word sal elke persoon – met inbegrip van vroue en kinders – die regte en vryhede in ons Grondwet en Handves van Regte kan geniet.

Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte

Foto: UN 

Vir kommentaar oor verklaring:
Adv Johan Kruger: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
E-pos: tjkruger@cfcr.org.za
Telefoon: 27 21 (0) 930 3622

Navrae:
Megan Dick: Kommunikasiebeampte, FW de Klerk Stigting
E-pos: megan@fwdeklerk.org
Telefoon: 27 21 (0) 930 3622

Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).