ONTEIENINGSWETSONTWERP: DIE GRONDWET LAAT NIE DIE STAAT TOE OM GROND SONDER VERGOEDING TE ONTEIEN NIE!
Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting, op 09/04/2024
Die Onteieningswetsontwerp [B23-2020], wat onteiening sonder vergoeding (“EWC”) wettig, hou ‘n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie in en ook vir die mees kwesbares in die samelewing. Nadat dit deur die Parlement op 27 Maart 2024 aangeneem is, dien die Wetsontwerp nou voor die President vir sy handtekening om wet te word.
“Hierdie wetgewing wat die Regering toelaat om iemand se eiendom te onteien sonder om hulle daarvoor te vergoed, oortree artikel 25 van die Grondwet. Dit waarborg eiendomsregte en skryf vergoeding vir onteiening voor,” sê Ismail Joosub, Regsbeampte by die FW de Klerk Stigting.
Dit volg op die hakke van die Parlement wat op 7 Desember 2021 wat die wysiging van die Grondwet om spesifiek vir onteiening sonder vergoeding (“EWC”) toe te laat, afgekeur het.
“Die Parlement, SA se verkose verteenwoordigers, het uitdruklik besluit om nié die Grondwet te verander om vir EWC toe te laat nié. Om hierdie rede kan die Parlement nie nou ondergeskikte wetgewing maak wat die staat magtig om eiendom vir nul-vergoeding te onteien nie, omdat die staat binne die bevoegdhede moet optree wat deur die Grondwet aan hom toegestaan is,” sê Daniela Ellerbeck, die Bestuurder van Grondwetlike Programme by die Stigting.
Die Stigting dring daarop aan dat President Cyril Ramaphosa die magte wat die Grondwet hom gee gebruik om hierdie wet na die Parlement vir heroorweging terug te stuur, om te verhoed dat ons land ons in ‘n grondwetlike krisis en onsekerheid verval.