David Steward
Voorsitter
David Whitefoord Steward is op 23 Mei 1945 in Nairobi, Kenia, gebore. Hy is opgelei in Kanada, St John’s School, Leatherhead in die Verenigde Koninkryk en het aan die Universiteite van Stellenbosch en Suid-Afrika studeer.
Mnr Steward het in Desember 1966 die Suid-Afrikaanse Buitelandse Diens betree en in Canberra (1968 – 1971) gedien: Ottawa as Adjunkhoof van Sending (1976 – 1978) en by die Verenigde Nasies in New York, Adjunk Permanente Verteenwoordiger (1978 – 1980) en Ambassadeur (1981-82). Tussen 1983 en 1985 was hy verantwoordelik vir onderhandelinge oor die onafhanklikheid van Namibië binne die Departement van Buitelandse Sake.
Mnr Steward het vanaf 1985 tot 1992 as Hoof van die Suid-Afrikaanse Kommunikasiediens gedien. Gedurende hierdie tydperk was hy verantwoordelik vir die herposisionering van die SACS as ‘n verskaffer van sentrale kommunikasiedienste aan die Regering en vir die transformasie van die organisasie om volgens sakebeginsels bedryf te word. In Augustus 1992 is hy aangestel as Hoofregeringswoordvoerder binne die Kantoor van die President. Kort daarna, in November 1992, is hy aangestel as Direkteur-Generaal (Stafhoof) in die Kantoor van President FW de Klerk. Hy het in hierdie hoedanigheid en as Sekretaris van die Kabinet gedien tot Mei 1994. Vanaf Mei 1994 tot Oktober 1996 was hy die Hoof van mnr De Klerk se kantoor terwyl die voormalige President as Uitvoerende Adjunkpresident in die Regering van Nasionale Eenheid gedien het.
Sedert sy uittrede uit die staatsdiens het mnr. Steward voortgegaan om nou saam te werk met oudpresident FW de Klerk. Hy was sy hooftoespraakskrywer sedert 1990 en was mede-outeur van sy outobiografie “The Last Trek, a New Beginning” (Macmillan, 1999). Hy en die voormalige President het die FW de Klerk Stigting in Junie 1999 en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte in 2006 gestig. Hy het sedert sy stigting as die Stigting se Uitvoerende Direkteur gedien.
Mnr Steward is op 8 Julie 1983 met Lanice Angela Fletcher getroud. Hulle het twee kinders, Anthony en Camilla.
Stay informed
We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates