Stay informed
We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates
Frederik Willem (FW) de Klerk is op 18 Maart 1936 in Johannesburg gebore, die seun van senator Jan De Klerk, ‘n senior kabinetsminister. Die grootste deel van sy skoolloopbaan was in Krugersdorp, waar hy aan die Hoërskool Monument gematrikuleer het.
Hy het aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys studeer en in 1958 met BA- en LLB-grade (cum laude) gegradueer.
Op 2 Februarie 1989 het die koukus van die Nasionale Party hom tot nasionale Leier van die Party verkies. Op 15 Augustus 1989, na die bedanking van president PW Botha, word mnr De Klerk waarnemende Staatspresident, en is na die algemene verkiesing van 6 September op 20 September 1989 as Staatspresident ingehuldig.
Mnr De Klerk het as Staatspresident gedien tot President Nelson Mandela se inhuldiging op 10 Mei 1994. Gedurende hierdie tydperk het hy die inklusiewe onderhandelinge geïnisieer en voorgesit wat gelei het tot die afskaffing van apartheid en die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste ten volle demokratiese grondwet in Desember 1993.
Nadat hy die Nasionale Party na die tweede plek in Suid-Afrika se eerste ten volle verteenwoordigende algemene verkiesing van 27 April 1994 gelei het, is mnr De Klerk as een van Suid-Afrika se twee Uitvoerende Adjunkpresidente ingehuldig – saam met mnr Thabo Mbeki.
In Julie 1993 het mnr De Klerk saam met mnr Nelson Mandela die Philadelphia-vredesprys ontvang en is op 10 Desember dieselfde jaar aangewys as die mede-ontvanger, ook saam met Nelson Mandela, van die Nobelprys vir vrede.
In January 1999 het mnr De Klerk sy outobiografie, “Die Laaste Trek – ‘n Nuwe Begin” (Macmillan) publiseer en dieselfde jaar die FW de Klerk Stigting gestig, wat daartoe verbind is om die Suid-Afrikaanse Grondwet te handhaaf, vrede in in multi-gemeenskaplike samelewings sowel as die behoud van FW de Klerk se presidensiële erfenis en Suid-Afrika se grondwetlike transformasie van apartheid na ‘n nie-rassige grondwetlike demokrasie te bewaar.
In 2004 het hy ‘n aantal gerespekteerde voormalige nasionale leiers bymekaar gebring om by hom aan te sluit as stigterslede van GLF Global Leadership Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarop gemik is om ‘n konstruktiewe rol te speel in die bevordering van vrede, demokrasie en ontwikkeling in lande regoor die wêreld.
Mnr De Klerk het deurgaans talle toesprake regoor die wêreld gelewer en as ‘n gerespekteerde staatsman aktief deelgeneem aan internasionale konferensies oor die bevordering van harmonieuse verhoudings in multi-gemeenskaplike samelewings, die toekoms van Afrika en Suid-Afrika en die uitdagings wat die wêreld in die nuwe millennium die hoof moet bied.
FW de Klerk is in 2020 met mesothelioom gediagnoseer – ‘n kanker wat die voering van die longe aanval. Na ‘n moedige stryd teen die siekte is hy op 11 November 2021 oorlede.
Tot met sy dood het hy in Fresnaye, Kaapstad, gewoon. Hy het dit geniet om te lees, die buitelewe en gholf te geniet asook tyd saam met sy gesin deur te bring.
We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy