Elita de Klerk

Raadslid

Elita de Klerk het die eerste deel van haar lewe in Griekeland deurgebring waar sy gebore is. Op die ouderdom van 19 het sy na Londen verhuis en sedert haar huwelik met FW de Klerk in 1998 woon sy in Kaapstad.

Elita praat Grieks, Engels en Frans en het ‘n wye verskeidenheid belangstellings. Sy is toegewyd aan kuns in al sy manifestasies en het haar kennis uitgebrei deur talle kursusse te voltooi. Dit wissel van Christies se Beeldende Kunste-kursus tot studies van opera, moderne kuns en letterkunde. Sy is ‘n amateurskilder en ook ‘n gevorderde student in grafologie en sielkunde.

Benewens die kunste is sy daartoe verbind om ‘n bydrae te lewer tot ‘n beter lewe vir minderbevoorregte en mishandelde kinders in Suid-Afrika. In hierdie verband ondersoek sy die moontlikheid om musiek en kuns te gebruik as ‘n platform vanwaar dit gedoen kan word.

Tans is Elita op die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting en is ook die beskermheer van die FW de Klerk Stigting se Internasionale Skenkerondersteuningsprogram. Sy is ‘n lid van die raad van St George’s House te Windsor-kasteel, ‘n lid van WWF 1001, ‘n stigterslid van die Peace Parks Foundation, beskermheer van Kaapstad Opera en ‘n lid van die raad van trustees van die Filharmoniese Orkes van Kaapstad.

Stay informed

We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates

 

The FW de Klerk Foundation is proud to share their 2023 Cultural, Religious and Linguistic Rights Report Card.