Christina Teichmann

Raadslid

Christina Teichmann, gebore en opgevoed in Duitsland, het die afgelope 25 jaar omvattende ervaring en kundigheid in Suid-Afrika se politieke sowel as sosio-ekonomiese ontwikkeling opgebou.

Sy het meer as twee dekades lank in Suid-Afrika die Konrad-Adenauer-Stiftung (KAS) gewerk vir, ‘n Duitse politieke stigting verbonde aan die Christen-Demokrate (CDU), wat ten doel het om demokrasie, goeie regering en die oppergesag van die reg in Duitsland en wêreldwyd te bevorder.

In haar rol as senior KAS-projekbestuurder by die Stigting se parlementêre skakelkantoor in Kaapstad, het sy KAS in die Wes-Kaap verteenwoordig en was sy verantwoordelik vir die beplanning, implementering en monitering van KAS-geleenthede in samewerking met plaaslike vennote, soos politieke partye, staatsdepartemente, universiteite, dinkskrums, burgerlike organisasies en die media.

Christina Teichmann het ‘n meestersgraad in onderwys (M.Ed.) van die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg, ‘n M.Ed. van die Universiteit van Landau en ‘n meestersgraad in filosofie (M.Phil.) van die Universiteit in Kaapstad, met spesialisering in Filosofie, Politiek en Ekonomie. Sy gebruik nou haar uitgebreide kennis en insigte in Suid-Afrika se politieke landskap vir politieke konsultasiewerk en vir haar rol as raadslid van die FW de Klerk Stigting.

Stay informed

We’re committed to providing regular communications on topical issues and participating in the national debates