Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
NUUSVERKLARING VAN DIE FW DE KLERK STIGTING OOR DIE OOREENKOMS TUSSEN ISRAEL EN HAMAS OOR DIE EERSTE FASE VAN DIE GAZA-WAPENSTILSTANDPLAN
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 09/10/2025
Nuusverklaring van die FW de Klerk Stigting oor die ooreenkoms tussen Israel en Hamas oor die eerste fase van die Gaza-wapenstilstandplan.
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die wapenstilstandooreenkoms om die konflik in die Midde-Ooste te beëindig. Ons erken ook die rol wat President Trump, Katar, Egipte en Turkye gespeel het in die bemiddeling van ‘n wapenstilstandraamwerk wat die vinnige vrylating van alle gyselaars wat in Gaza aangehou word, en die volledige onttrekking van die Israeliese weermag en die vrylating van Palestynse gevangenes moontlik sal maak.
Die Stigting ondersteun die oproep van die Sekretaris-Generaal van die VN dat alle betrokkenes ten volle aan die bepalings van die ooreenkoms moet voldoen. Dit doen ook ‘n beroep op die vrylating van alle gyselaars op ‘n waardige wyse, die versekering van ‘n permanente wapenstilstand en die einde van die gevegte.
Die Stigting doen ook ‘n beroep op die onmiddellike en onbelemmerde toegang van humanitêre voorrade en noodsaaklike kommersiële materiaal na Gaza. Die lyding het te lank voortgeduur en moet eindig.
Die heropbou van Gaza moet ook deur alle nasies geprioritiseer en ondersteun word, en ‘n geloofwaardige politieke pad moet gevolg word na die vestiging van ‘n tweestaatoplossing om die inwoners van Israël en Palestinia in staat te stel om in vrede, billikheid en veiligheid te leef.