+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

KONSEP NASIONALE KORRUPSIE-RISIKO- EN VOORKOMINGSRAAMWERK OOP VIR KOMMENTAAR – SLUIT VOLGENDE WEEK

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 17/10/2025

 

Die Spesiale Ondersoekeenheid (“SOE”) het vandag die konsep Nasionale Korrupsierisiko- en Voorkomingsraamwerk vir openbare kommentaar oopgestel. Die kommentaartydperk is uiters kort en sluit komende Vrydag, 24 Oktober 2025.

Die Raamwerk se verklaarde doel is om korrupsierisiko’s aan te spreek en om riglyne te bied oor hoe om korrupsierisiko’s te bestuur. Dit is wyd van toepassing op die openbare en private sektore, sowel as die samelewing in die algemeen – insluitend lede van die publiek, media, burgerlike samelewingsorganisasies, gemeenskaps- en geloofsgebaseerde organisasies, belangegroepe, jeuggroepe en niewinsgewende organisasies,” verduidelik Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program.

Suid-Afrika veg vir sy oorlewing teen korrupsie. Hierdie Raamwerk is krities, maar betekenisvolle openbare deelname verg meer as ’n week,” is die standpunt van Christo van der Rheede, die Stigting se uitvoerende direkteur.

Die FW de Klerk Stigting het die SOE formeel genader om te beklemtoon dat die Staat effektiewe openbare deelname moet fasiliteer. Die Stigting doen ’n beroep op die publiek om die Raamwerk te hersien en kommentaar in te dien.