UITNODIGING: JAARLIKSE KONFERENSIE 2020

Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan (hierdie jaar se geleentheid neem plaas op 31 Januarie), om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk.
Die FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – nooi jou uit om ons Jaarlikse Konferensie by te woon. Ons tema vir 2019 is: “Om Ongelykheid Aan Te Pak”.