GILAB SOOS AANGENEEM DEUR PARLEMENT: ‘N SUKSESVERHAAL WAT SPRUIT UIT DIE DRYFVEER VAN OPENBARE DEELNAME

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting, op 17/05/2024

 

“Parlement het gister die nuutste verwerkte weergawe van die Algemene Intelligensiewette Wysigingswetsontwerp (‘die GILAB) aangeneem,” sê Daniela Ellerbeck, die FW de Klerk Stigting se Bestuurder van Grondwetlike Programme.

Vroeër vanjaar het die eerste weergawe van die Wetsontwerp (soos deur die Minister in die Presidensie in die Parlement ter tafel gelê) ‘n massiewe bohaai in die publieke domein ontlont. Die bohaai was as gevolg van die feit dat die Wetsontwerp die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste carte blanche wou gee om te besluit wie hulle aan keuringsondersoeke wil onderwerp.

In ‘n suksesverhaal van die dryfveer van openbare deelname, het die Parlement na die publiek geluister en beduidende veranderinge aan die Wetsontwerp aangebring, insluitend die veranderinge wat die Stigting die Parlement versoek het. Hierdie massiewe verbetering op ‘n wetsontwerp – wat die Staat aanvanklik wou toelaat om enige Jan Rap en sy maat wat dit wou te onderwerp aan ‘n sekuriteitsbevoegdheidstoets en keuringsondersoeke deur die intelligensiedienste – toon die sukses van openbare deelname in die beskerming van ons demokrasie,” sê Ellerbeck. “Dit toon die belangrikheid daarvan dat burgerlike organisasies, soos die Stigting, hul regskundigheid gebruik om daarop aan te dring dat die Staat die Grondwet en die regte en vryhede wat dit moet eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.”

Die Wetsontwerp sal nou na die President gaan om onderteken en in wet bekragting te word.

Die FW de Klerk Stigting bedank almal wat aan die openbare deelnameproses deelgeneem het.

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.