Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
FW DE KLERK MAAK MENSEREGTEVERSLAGKAART BEKEND
Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 10/03/2026
Die FW de Klerk Stigting sal op 18 Maart 2026 sy jaarlikse Menseregteverslagkaart bekendstel, ter herdenking van Menseregtedag en ter ere van wat die president FW de Klerk se 90ste verjaardag sou wees. Die Verslagkaart het ten doel om ’n onafhanklike beoordeling te bied oor die mate waartoe Suid-Afrikaners die regte en vryhede wat in die Grondwet gewaarborg word, geniet.
“Suid-Afrika se menseregtelandskap bied ‘n uiteenlopende prentjie,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Die Verslagkaart dui op ernstige agteruitgang op die regte wat verband hou met lewe en veiligheid, gelykheid en sosio-ekonomiese aansprake – hoofsaaklik as gevolg van geweldsmisdaad, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, mislukte water- en sanitasiedienste en swakhede in bestuur. Terselfdertyd is daar verbeterings in die beskerming van menswaardigheid, die toepassing van anti‑mensehandelwetgewing, die administrasie van politieke regte en beperkte ekonomiese stabilisering.”
Volgens Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die Stigting, bevat die Verslagkaart ook meer as 30 praktiese aanbevelings wat daarop gemik is om grondwetlike beskerming te versterk. “Ons voorstelle fokus op kritieke kwessies soos misdaad en polisiering, gelykheid en billike indiensneming, jeugwerkloosheid en toegang tot werksgeleenthede,” sê hy. “Dit is praktiese en uitvoerbare strukturele hervormings wat daarop gemik is om die daaglikse lewens van Suid-Afrikaners te verbeter en die kernwaardes waarop ons grondwetlike demokrasie rus, te versterk.”

FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM STERKER TOESIG INGEVOLGE NUWE SDK-WET
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die Staatsdienskommissiewet 8 van 2026 as ’n belangrike stap na sterker, onafhanklike toesig oor Suid-Afrika se openbare administrasie. Die uitgebreide mandaat van die Staatsdienskommissie, insluitend toekomstige toesig oor munisipaliteite en openbare entiteite, kan verantwoordbaarheid, professionalisering en dienslewering versterk. Doeltreffende uitvoering sal voldoende hulpbronne, beskerming teen politieke inmenging en duidelike bewys vereis dat SDK-bevindings tot betekenisvolle regstellende optrede lei.

’N TANDLOSE WAGHOND: ’N ARGUMENT OM DIE BEVOEGDHEDE VAN DIE PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD TE VERSTERK
Suid-Afrika se Grondwet waarborg uitgebreide taalregte, maar die implementering daarvan bly inkonsekwent. Hierdie artikel ondersoek hoe die versterking van PanSAT se afdwingingsbevoegdhede linguistiese diversiteit kan bevorder, aanspreeklikheid kan verbeter en kan verseker dat alle taalgemeenskappe gelyke erkenning en beskerming geniet.

WAAROM DIVERSITEIT SAAK MAAK
Diversiteit kan as ‘n meganisme vir nasiebou dien, omdat dit maatskaplike samehorigheid kan versterk en ekonomiese waardekettings ontsluit.