+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

FPR: “DISINFORMASIE”, “WANINLIGTING” EN “VALSE NUUS” KAN JOU TRONK TOE STUUR

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck, Bestuurder: Grondwetlike Programme, namens die FW de Klerk Stigting op 9/04/2024

 

Op 22 Maart 2024 het die Film- en Publikasieraad (“FPR”) ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer wat “disinformasie”, “waninligting” en “valse nuus” as “skadelik of steurend” geïdentifiseer het. In die kennisgewing kom die FPR tot die gevolgtrekking dat sulke inhoud dus “verbode inhoud” is ingevolge die Wet op Films en Publikasies, 1996. Die verspreiding van verbode inhoud is ‘n misdaad ingevolge die Wet en sanksies sluit ‘n boete (van maksimum R150 000) en/of tot twee (2) jaar gevangenisstraf in (artikel 24G).

 

Kennisgewing is ultra vires:

Die Stigting neem met kommer kennis dat die kennisgewing blykbaar op ‘n wantoepassing van die Wet gegrond is, vir die redes hieronder uiteengesit. Dit oorskry dus die bevoegdhede wat deur die Wet aan die FPR verleen word en is dus ultra vires:

 

Rede 1 – Verwarring van skadelike of ontstellende inhoud met verbode inhoud:

Klousule 2.4 van die kennisgewing sê dat ingevolge artikel 31(3)(a) van die Wet die FPR

waninligting/disinformasie en valse nuus, as skadelik of ontstellend” geïdentifiseer het “as gevolg van die potensiaal daarvan om vir oorlog te propageer, geweld aan te hits of haatspraak te verkondiging. Sulke materiaal word dus ingevolge die Wet verbied.”

Dit verwar twee verskillende tipes inhoud in die Wet met mekaar, naamlik:

  1. skadelike of steurende inhoud; en
  2. verbode inhoud (wat bestaan uit propaganda vir oorlog, aanhitsing van dreigende geweld en “haatspraak”).

 

Skadelike of steurende inhoud:

Een van die Wet se primêre doelwitte is om kinders te beskerm teen blootstelling aan steurende en skadelike inhoud en teen voortydige blootstelling aan volwasse ervarings (artikel 2(b)). Met hierdie doel voor oë poog die Wet om die klassifikasie van hierdie inhoud te reguleer sodat lesers/kykers ingeligte keuses kan maak (sien artikels 16(4) en 18(3)). Met hierdie doel voor oë bemagtig artikel 31(3)(a) die FPR om die riglyne te publiseer wat dit sal gebruik om te bepaal wat skadelik of steurend is. Hierdie inhoud word nie noodwendig verbied nie.

Verbode inhoud:

Die Wet, in artikel 18H, verbied propaganda vir oorlog; aanhitsing van dreigende geweld die verkondiging van haat wat gebaseer is op identifiseerbare groep eienskappe, en wat aanhitsing om leed te veroorsaak (omskryf as “om emosionele, sielkundige of morele nood aan ‘n persoon te veroorsaak… “) uitmaak. Hierdie tipe inhoud is onwettig.

Appels en pere:

Die Wet stel nie skadelike of steurende inhoud gelyk aan verbode inhoud, soos die FPR in sy kennisgewing gedoen het nie.

 

Rede 2 – Kennisgewing is ook gemaak in terme van herroepte Bylaes:

Artikel 31(3)(a) sê uitdruklik dat die riglyne wat die Wet die FPR magtig om te publiseer, te doen het met hoe dit sal bepaal wat skadelik of steurend is ingevolge die Wet se Bylaes 3 en 8:

Nou beide Bylae is herroep in 2009, maar Bylae 3 het te doen met die instelling van voorwaardes op die publikasie se verspreiding wat nodig geag word om kinders in die betrokke ouderdomsgroep teen skadelike of steurende materiaal te beskerm:

Bylae 8, aan die ander kant, het te make gehad met die oplegging van ouderdomsbeperkings vir rolprente indien dit nodig is om kinders in die betrokke ouderdomsgroep te beskerm teen skadelike of steurende materiaal in die film:

Die kennisgewing is dus gepubliseer ingevolge die verkeerde artikel van die Wet (wat bylaes herroep is). Dit voeg by rede 1 hierbo om te wys dat hierdie afdeling, waaronder die kennisgewing gepubliseer is, nie toegepas kan word op wat as verbode inhoud bepaal word nie, omdat die bylaes duidelik te make het met wettige inhoud wat as onvanpas vir kinders van sekere ouderdomme geag word.

Met ander woorde, die Wet bemagtig nie die FPR om ‘n kennisgewing of riglyn of enigiets anders te publiseer oor watter tipe inhoud (bv. waninligting, disinformasie of valse nuus) dit as verbode inhoud beskou nie. Die Wet verbied verbode inhoud, dit verbied nié inhoud wat die potensiaal het om aanleiding te gee tot verbode inhoud nié.

Verder, wanneer dit kom by enigiets wat ‘n wesenlike uitwerking op die Wet se toepassing van verbode inhoud sal hê, val dit tereg onder die Minister se regulatoriese bevoegdhede (artikel 31(1)(e) van die Wet). Enige regulasies wat die Minister maak, moet veral aan openbare deelname onderhewig wees en in die Parlement ter tafel gelê word (artikel 31A van die Wet).

Kortliks, die Wet gee nie aan die FPR enige mag om ‘n kennisgewing te publiseer wat met verbode inhoud te make het nie. Deur dit te doen, het die FPR die grense van sy mag oorskry en die wettigheidsbeginsel oortree, wat bepaal dat elke sfeer van die Regering, insluitend die FPR, nie magte kan uitoefen of funksies verrig buite dié wat wettiglik deur die wet aan hom toegeken is nie (sien Fedsure Life Assurance Ltd v Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council 1998 (1) SA 374 (CC) by para 58).

Die kennisgewing is dus ultra vires en die FW de Klerk stigting versoek die FPR om dit onmiddellik terug te trek.