+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING VRA VIR DIE VOLLE UITWISSING VAN SKOOLPUTTOILETTE

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 14/04/2025

 

Die FW de Klerk Stigting neem kennis van die onlangse aankondiging deur die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, wat bevestig dat slegs 96% van die skoolputtoilette teen 31 Maart 2025 vervang is. Dit was die sperdatum vir 100% uitwissing van alle skoolputtoilette.

Die Stigting erken dat Minister Gwarube en haar departement beduidende vordering gemaak het om hierdie langdurige skending van leerders se grondwetlike regte (insluitend, maar nie beperk tot, die reg op menswaardigheid en die reg op lewe nie) aan te spreek. Die verwydering van onveilige sanitasiegeriewe uit die meeste skole waar dit voorkom, is geen geringe prestasie nie. Alhoewel 96% inderdaad vordering is wat erkenning verdien, is die taak nog nie afgehandel nie. Die oorblywende 4% stel leerders steeds bloot aan onveilige, onwaardige en ongrondwetlike toestande. Dit is nie blote statistieke nie, maar werklike skole met werklike kinders wie se reg op lewe, waardigheid, om teen vernedering beskerm te word en op ‘n omgewing wat nie skadelik vir hul welsyn is nie steeds ondermyn word,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program.

Soos uitgelig in die Stigting se ope brief aan die Departement vroeër vanjaar, is die uitwissing van puttoilette nie bloot ‘n beleidskwessie nie, maar dit is ‘n saak van menseregte en lewens,” sê Shanees Nkandu, ‘n intern by die Stigting. “Die sterftes van leerders in onveilige sanitasiegeriewe in vorige jare het die tragiese en dringende aard van hierdie kwessie beklemtoon,” voeg sy by.

Die vordering wat gemaak is, moet gesien word as ‘n stap vorentoe, nie die eindstreep nie. Die Stigting moedig die Minister en haar departement aan om hierdie momentum te volhou, die taak te voltooi en te verseker dat geen leerder agtergelaat word in die toegang tot veilige en waardige sanitasie nie.