Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
DIE FW DE KLERK STIGTING VIER VROUEMAAND, BEKLEMTOON VROUE SE VEILIGHEID VIR VOORSPOED
Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 09/08/2024
Die FW de Klerk Stigting wil Suid-Afrikaanse vroue se volgehoue stryd om veiligheid beklemtoon terwyl ons hierdie Vrouedag vier. “Die Stigting glo dat die beveiliging van ons land vir vroue noodsaaklik is as Suid-Afrika ekonomiese gelykheid wil bereik,” meen Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Programbestuurder.
“Die Stigting se Menseregteverslagkaart toon dat mans in 2022 steeds 67% van diegene in bestuursposisies uitgemaak het. Boonop was byna 650 000 van 806 000 werkgewers mans. Wat is die hindernisse tot toetrede wat veroorsaak dat vroue onderverteenwoordig bly in besluitnemingsrolle in die ekonomie?”, gaan Ellerbeck voort.
“Die Stigting glo ’n kernkwessie, is die veiligheid van vroue”, sê Ellerbeck. Vroue wêreldwyd staar dikwels verkragting, seksuele aanranding en seksuele teistering in die gesig wanneer hulle ekonomiese geleenthede probeer najaag. In Suid-Afrika lei vroue steeds die swaarste aan geweldsmisdade. Dit kom as geen verrassing nie, aangesien Suid-Afrika se stryd teen geslagsgebaseerde geweld welbekend is.
“Totdat ons daarin slaag om dit veilig te maak vir vroue wanneer hulle probeer om aan die ekonomie deel te neem, sal die probleem van geslagsongelykheid in die ekonomie voortduur”, sê Ellerbeck.