DIE BELA-WETSONTWERP IS OP DIE PUNT VAN AANVAARDING, MAAR GAAN MANK AAN BEFONDSING
Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting, op 30/04/2024
Die Basiese Onderwyswetwysigings (“BELA”) Wetsontwerp is tans voor die Nasionale Raad van Provinsies (NCOP), die tweede huis van die Parlement. Die NCOP is van plan om die Wetsontwerp aan te neem voordat die Parlement in Mei ontbind word, met die voorneme van die Komitee wat aan die Wetsontwerp werk om die verslag oor die Wetsontwerp teen 2 Mei 2024 te aanvaar.
Die FW de Klerk Stigting is uiters bekommerd oor die Wetsontwerp se aanvaarding wat om die draai is, met inbegrip van die bekommernisse oor die finansiële implikasies en potensiële impak op die gehalte van onderwys:
“Die Nasionale Tesourie se openbaarmaking dat daar geen voorsiening gemaak is vir die finansiering vir die implementering van die Wetsontwerp nie, wek ernstige kommer oor die praktiese implikasies vir ons kinders se skoolopleiding,” sê Ismail Joosub, Regsbeampte van Konstitusionele Programme by die FW de Klerk Stigting.
Daniela Ellerbeck, Bestuurder van Konstitusionele Programme, beklemtoon: “Die FW de Klerk Stigting opponeer die BELA-wetsontwerp se voorgestelde uitbreiding van verpligte skoolopleiding sonder die nodige fiskale toekenning. Dit skend konstitusionele beginsels.” Sy verwys na “artikel 29(1)(a) van die Grondwet, wat aan almal die reg op ‘n basiese onderwys waarborg, en artikel 195, wat omsigtige en doeltreffende gebruik van openbare hulpbronne vereis.”
Verder waarsku Ellerbeck: “Die versuim om hierdie fundamentele bekommernisse aan te spreek, loop die risiko om die konstitusionele regte van Suid-Afrika se skoolleerders te ondermyn en om nié sistemiese ongelykhede in die onderwys tot ‘n einde te bring nié, maar om dit eerder voort te sit.“

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.