Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
BRIEF VAN DIE KANTOOR VAN DIE PRESIDENT OOR FW DE KLERK STIGTING SE NAVORSING OOR PARLEMENTÊRE ONTWRIGTING
Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 03/06/2026
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die reaksie wat van die Kantoor van die Parlementêre Raadgewer aan die President ontvang is na aanleiding van ons voorlegging van navorsing oor die finansiële en grondwetlike koste van parlementêre ontwrigtings.
Ons ontleding het uitgelig hoe ontwrigtings in die Nasionale Vergadering aansienlike koste vir belastingbetalers kan meebring, terwyl dit terselfdertyd die Parlement se kern-grondwetlike funksie om die Uitvoerende Gesag aanspreeklik te hou, ondermyn. Die navorsing het beraam dat ’n ontwrigte sitting van die Nasionale Vergadering belastingbetalers ongeveer R12 464,73 per minuut kan kos, terwyl ’n ontwrigte gesamentlike sitting ongeveer R15 824,27 per minuut kan kos. Belangriker nog: elke verlore minuut van parlementêre toesig verteenwoordig ’n verlore geleentheid vir demokratiese aanspreeklikheid.
In sy reaksie het die Presidensie die belangrikheid van die navorsing erken, bevestig dat ontwrigtings ernstige finansiële en reputasiegevolge inhou, en die Stigting aangemoedig om direk met die Parlement te skakel oor aanbevelings om gevolgbestuur en afskrikmaatreëls te versterk. Betekenisvol is dat die Presidensie ook bevestig het dat die Stigting se voorlegging onder die aandag van President Cyril Ramaphosa gebring sal word.
Die Stigting sal nou uitvoering gee aan die aanbevelings in die korrespondensie deur die Speaker van die Parlement en die Leier van Regeringsbesigheid te betrek in die strewe na sterker aanspreeklikheid, doeltreffende toesig en respek vir Suid-Afrika se grondwetlike instellings.
Lees die Presidensie se reaksie hier.

FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM STERKER TOESIG INGEVOLGE NUWE SDK-WET
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die Staatsdienskommissiewet 8 van 2026 as ’n belangrike stap na sterker, onafhanklike toesig oor Suid-Afrika se openbare administrasie. Die uitgebreide mandaat van die Staatsdienskommissie, insluitend toekomstige toesig oor munisipaliteite en openbare entiteite, kan verantwoordbaarheid, professionalisering en dienslewering versterk. Doeltreffende uitvoering sal voldoende hulpbronne, beskerming teen politieke inmenging en duidelike bewys vereis dat SDK-bevindings tot betekenisvolle regstellende optrede lei.

’N TANDLOSE WAGHOND: ’N ARGUMENT OM DIE BEVOEGDHEDE VAN DIE PAN-SUID-AFRIKAANSE TAALRAAD TE VERSTERK
Suid-Afrika se Grondwet waarborg uitgebreide taalregte, maar die implementering daarvan bly inkonsekwent. Hierdie artikel ondersoek hoe die versterking van PanSAT se afdwingingsbevoegdhede linguistiese diversiteit kan bevorder, aanspreeklikheid kan verbeter en kan verseker dat alle taalgemeenskappe gelyke erkenning en beskerming geniet.

WAAROM DIVERSITEIT SAAK MAAK
Diversiteit kan as ‘n meganisme vir nasiebou dien, omdat dit maatskaplike samehorigheid kan versterk en ekonomiese waardekettings ontsluit.