BELA-WETWYSIGINGS AANGENEEM DEUR DIE NRVP
Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 7/05/2024
Die FW de Klerk-stigting neem kennis van die aanvaarding van die Wet op die Wysiging van BasieseOnderwyswette (“BELA”) deur die Nasionale Raad van Provinsies (“NRVP”) op 2 Mei 2024, met goedkeuring deur 8 van die 9 provinsies. Met die wet wat deur die Onderwyskomitee van die NRVP beslag gekry het, is belangrike wysigings aangeneem wat kritieke bekommernisse aanspreek wat tydens strawwe openbare raadplegings geopper is.
Een sodanige positiewe verandering wat voortspruit uit openbare deelname, is die heroorweging van Skoolbeheerliggame (“SBL’s”) se magte om oor taalbeleide te besluit, soos vervat in die nuwe klousules wat aanvaar is. Voorheen het klousule 5 van die wet dié magte aan die hoof van die departement (“HOD”) toevertrou, ‘n bepaling wat sterk deur die opposisie betwis is. Met die gewysigde klousule word SBL’s egter nou toevertrou met die verantwoordelikheid om taalbeleide te bepaal, om te verseker dat die taalbehoeftes van die breër gemeenskap binne die onderwysdistrik waar die openbare skool geleë is, in ag geneem word.
Ismail Joosub, Regsbeampte van Grondwetlike Programme by die Stigting, beklemtoon dat “die toekenning van gesag aan SBL’s om taalbeleide te bepaal wat inklusiwiteit en kulturele waardering bevorder, sal verseker dat opvoedkundige instellings die taaldiversiteit van ons nasie in ooreenstemming met artikel 29(2) van die Grondwet reflekteer.”
Daarbenewens is klousule 35 van die wet wat handel oor die outonomie van tuisonderwys, tydens die raadplegingsproses ook onder die loep geneem. Ten spyte van besware het die parlementêre regsadviseur vertroue uitgespreek in die grondwetlikheid van die gewysigde Wet, deur te beklemtoon dat dit in lyn is met bestaande wetgewing.
Ongeag hierdie positiewe ontwikkeling is die FW de Klerk-stigting bekommerd oor die gebrek aan befondsing vir die implementering van die Wet en die gevolglike impak in die afwesigheid van voldoende befondsing. Ismail Joosub is van mening dat die “afwesigheid van bepalings vir die befondsing van die implementering van die Wet, ernstige praktiese implikasies inhou vir die opvoeding van ons kinders.”
Daniela Ellerbeck, Bestuurder van Grondwetlike Programme, beklemtoon die Stigting se standpunt teen die BELA-wet se voorgestelde uitbreiding van verpligte skoolbywoning sonder gepaardgaande befondsingstoewysings, met verwysing na grondwetlike beginsels uiteengesit in artikel 29(1)(a), wat almal die reg op ‘n basiese onderwys waarborg, en artikel 195, wat die verstandige en effektiewe gebruik van openbare hulpbronne voorskryf.
Die Wet sal nou tydens ‘n sitting van die NRVP bespreek word vir verdere insette voordat dit uiteindelik na die President gaan vir sy handtekening.
Hoewel die aanvaarding van die BELA-wetswysigings vooruitgang verteenwoordig, moedig die FW de Klerk-stigting voortgesette betrokkenheid deur onderwys belangegroepe aan en om deeglike ondersoek te doen om te verseker dat onderwysveranderings grondwetlike regte handhaaf en die beste belange van alle Suid-Afrikaners vooropstel.

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.