+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

WÊRELDWATERDAG BEKLEMTOON DIE KRITIEKE BELANGRIKHEID VAN TOEGANG TOT DRINKBARE WATER

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting op 22/03/2024

 

Wêreldwaterdag word eersdaags op 22 Maart gevier. Toegang tot veilige water vir almal is vervat in doelwit ses van die VN se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling. Die Suid-Afrikaanse Grondwet vereis ook dat alle burgers die reg tot toegang tot voldoende water moet hê.

Dit is baie kommerwekkend dat die Departement van Water en Sanitasie se 2023 Bloudruppel-verslag bevind het dat minder as die helfte van Suid-Afrika se watersisteme drinkwater lewer wat veilig is vir menslike verbruik,” sê Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting.

Shaun Kinnes, ‘n intern by die Stigting, verduidelik dit soos volg: “Die verslag het bevind dat 51% van waterstelsels word gekenmerk deur swak tot uiters swak mikrobiologiese watergehaltestatus en 71% van wateraanlegte faal in terme van chemiese voldoening.  Dit is baie kommerwekkend, veral in die lig van die Hammanskraal-waterkrisis in Gauteng waarin inwoners gevra was om nie kraanwater te drink nie. Die Cholera-uitbreking het daartoe gelei dat mense gesterf het en in die hospitaal opgeneem is weens die besmette drinkwater.

Die Stigting doen ‘n beroep op die Regering om toegang tot veilige drinkwater te voorsien deur te verseker dat wateraanlegte aan die gespesifiseerde behandelings- en veiligheidsvlakke vir verbruik voldoen. Suid Afrika het nie ‘n watertekortprobleem nie, maar ‘n waterbestuursprobleem. Dit kan slegs aangespreek word deur die aanstelling van behoorlik gekwalifiseerde waterspesialiste en ingenieurs.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).