Vincent opt

BA: Politieke Wetenskap en Geskiedenis, Universiteit van Miami, Verenigde State (2014-2018)

My belangstelling in die Suid-Afrikaanse politieke landskap het eers na vore gekom nadat ek tydens my semester aan die Universiteit van Kaapstad koerante gelees het. Gretig om myself verder daarin te verdiep, het ek begin met ‘n navorsingsgeoriënteerde internskap wat my in staat stel om meer te leer oor die land se politieke stelsel, terwyl ek ook my belangstelling in die staatsreg najaag. Die FW de Klerk Stigting, met sy missie om die Grondwet en die Oppergesag van die Reg te handhaaf, was ideaal hiervoor.

Tydens my internskap het my navorsing gefokus op die voortgesette debat oor grondhervorming en die moontlikheid van onteiening sonder vergoeding. Die ervaring het ongetwyfeld my navorsingsvermoë verbeter en het my baie meer bewus gemaak van die uitdagings wat Suid-Afrika en ander jong demokrasieë in die gesig staar. Ek hoop om hierdie kennis te gebruik om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die stigting se pogings om doeltreffende bestuur te bevorder. “

Vincent voltooi tans sy finale jaar van sy voorgraadse studie aan die Universiteit van Miami in Coral Gables, Florida.


Leave a Reply

Your email address will not be published.