VERSTAAN DIE OPKOMS VAN OUTOKRASIE EN DIE EFFEK DAARVAN OP GLOBALE VERKIESINGS

Uitgereik deur Siyakudimisa Zicina namens die FW de Klerk Stigting op 10/05/2024

 

Inleiding

2024, jaar van verkiesings, die groot toets. Wat allerweë as die ‘grootste verkiesingsjaar in die geskiedenis’ beskou word, dui 2024 daarop dat dit die groot toets vir liberale demokrasieë gaan wees. Ongeveer 3 miljard kiesers regoor die wêreld maak gereed vir nasionale verkiesings óf het reeds begin om dit te hou. Dit beteken dat die helfte van die wêreld se bevolking in meer as 70 lande, van die mees bevolkte (bv. Indië), mees ontwikkelde (bv. die Verenigde State) tot die mees onderontwikkelde (bv. Tsjad), die geleentheid sal hê om hul verteenwoordigers te kies.

Sekerlik streef die wêreld waarin ons leef na vrede en demokratiese bemagtiging deur middel van verkiesings. Tog word die wêreld meer outokraties as demokraties. Sommige maatstawwe dui daarop dat gedurende 2022 meer lande outoritêr geword het as enige ander jaar sedert die vroeë 1990’s. Freedom House het opgemerk dat die wêreld deurlopend ’n afname oor 16-jaar in globale vryheid beleef het. As hierdie afname teen sy huidige tempo voortduur, redeneer waarnemers dat minder as 5% van die wêreldbevolking teen 2026 in volle demokrasieë sal leef.

Hierdie tendense dui daarop dat demokrasie in moeilikheid is. Óf selfs erger, “die wêreld waarin ons geleef het, waar demokratiese, kapitalistiese state domineer, is ‘n historiese afwyking,” ‘n wêreldberoemde ekonoom, Dambisa Moyo. Sal die opkoms van outokratiese regimes ’n impak op globale verkiesings hê? Hierdie artikel beoog om hierdie brandende vrae te ondersoek. Deur eerstens die agtergrond te stel, gevolg deur ‘n kort analise en ‘n gevolgtrekking.

 

Outokratiese en Demokratiese Agteruitgang: ’n Agtergrond

As die 20ste eeu die verhaal was van stadige, ongelyke vordering na die oorwinning van liberale demokrasie, is die 21ste eeu verreweg ‘n verhaal van die teenoorgestelde, Anne Applebaum. Terwyl liberale demokrasieë globale agteruit geboer, het outokrasie sedert die vroeë 2000’s vordering gemaak. Outokrasie beskryf ‘n stelsel waar mag in die hande van ‘n enkele leier óf klein elitegroep gevestig is.

Dit strek sover terug as antieke Griekeland en dit lyk asof outokrasieë orals in die wêreld momentum kry. Terwyl outokrasie geleidelik opkom, beweer waarnemers dat die pandemie van 2020 sommige leiers aangespoor het om diktatoriale neigings te ontwikkel sonder om hul kiesers, media en pro-demokratiese instellings se aandag daarop te vestig. Byvoorbeeld, meer as 40 lande regoor die wêreld het strenger regulasies op die persbedryf sedert die 2020-pandemie begin toepas. Sulke tendense het gepaard gegaan met die erodering van demokratiese ideale en instellings, veral onder andere in lande soos Turkije, Venezuela, die Filippyne tot Pole.

Waarnemers het selfs opgemerk dat die Verenigde State demokratiese agteruitgang gedurende die laaste jaar van Trump se presidentskap beleef het. In werklikheid beleef die wêreld ‘n afname in liberale demokrasie, terwyl meer as 3,5 miljard mense in die wêreld onder outokratiese regimes leef. As die opkoms van outoritarisme teen sy huidige tempo voortduur, behoort ons onsself af te vra wat hierdie tendense beteken vir demokrasie, verkiesings en kiesersdeelname?

 

Uitbreiding van Outokratiese Regimes: Vrae oor die Impak daarvan op Globale Verkiesings

Voorstanders van liberale demokrasie was optimisties oor die nasionale verkiesings van 2024, wat volgens hulle sal lei tot globale pogings om demokratiese bemagtiging te bevorder. Tog argumenteer waarnemers dat die verkiesings van 2024 verskeie bedreigings sal inhou, van ‘n gebrek aan deursigtigheid oor verkiesingsprosesse tot misinformasie. Daar kan verskeie nasionale verkiesings wees wat vanjaar plaasvind, maar nie almal sal vry, regverdig en vreedsaam wees nie.

Die meeste vroeë mededingers het aangedui dat die verkiesings van 2024 sal gekenmerk word deur probleme, waaronder Belarus, Pakistan en Rusland. In Februarie is stemlokale in Pakistan geopen, maar dit het met probleme en aantygings van verkiesingsonreëlmatighede gepaard gegaan. Terwyl Belarus se verkiesings deur verskeie opposisiepartye as ‘n “klug” bestempel is omdat hulle van die stembriewe uitgesluit is, het Rusland bevestig dat Putin die presidentsverkiesings met meer as 85% van die stemme gewen het, terwyl sy teenstander net ‘n skamele 3 – 4% van die stemme gekry het.

Verskeie waarnemers het so ‘n “oorwinning” gekritiseer en beweer dat dit mank gaan aan demokratiese legitimiteit, om nie eens van regverdigheid te praat nie. Met suksesvolle oorwinning tydens sy oorlog teen Oekraïne, argumenteer waarnemers dat daar ‘n hoë moontlikheid is dat Putin die oorlog tot in die 2030’s sal voer, terwyl hy Moskou se bestaande demokratiese kanale stelselmatig vernietig.

Terwyl ons die vyfde maand van 2024 nader, ‘n jaar wat veronderstel was om tromfanklik te wees vir verkiesings en liberale demokrasie, is die realiteit dat dit as die ergste nagmerrie vir liberale demokrasie beleef word. Globale verkiesings in 2024 word ingewikkelder en meer kompleks as gevolg van die toenemende impak van outokratisme regoor die wêreld. Selfs die oudste demokrasieë gee toe dat daar ‘n demokratiese agteruitgang binne hul verkiesingsprosesse is, wat op ‘n groot aptyt vir outokrasie dui. In die Verenigde State het Donald Trump byvoorbeeld beweer dat hy slegs op “dag een” ‘n diktator sou word as hy met ‘n tweede termyn beloon sou word.

Sodanige outoritêre retoriek sal ‘n negatiewe impak op globale verkiesings hê. Selfs erger, die integriteit van verkiesings neem wêreldwyd af. Figuur 1 toon aan dat die wêreld sedert die begin van die 2010’s ‘n afname in die kwaliteit van globale verkiesings beleef het, van Europa tot Asië en van Amerika tot Afrika.

 

Figuur 1: Verkiesingsintegriteit sedert 2012 – 2022

Bron: James & Garnett (2024)

 

Lande wat die groen kleurkodering deel, toon dat die kwaliteit van hul verkiesingsprosesse regverdiger en meer demokraties was, maar die werklikheid dui daarop dat die wêreld meer oranje en rooi word as groen, wat ‘n afname in regverdige en vry verkiesings aandui.

Hoe dit ook al sy, hierdie tendense sal ‘n negatiewe impak hê op globale verkiesings, soos ondervind in verkiesings wat reeds in 2024 gehou is, toon. Ons hoop dat Suid-Afrika se komende verkiesings wat op 29 Mei 2024 plaasvind, Pretoria sal help om as ‘n globale normkampioen vir vreedsame, regverdiger en demokratiese verkiesings na vore sal tree, waarby ander kan leer.

 

Gevolgtrekking: ’n Wêreld wat oorleen na Outokrasie

Een narratief wat uit hierdie tendense na vore kom, is dat 2024 ‘n jaar is waarin ons toenemend demokratiese agteruitgang waarneem. Die werklikheid is dat ons gekonfronteer word met die toenemende effekte van globale outokrasie, wat gepaard gaan met die globale demokratiese resessie vanaf Amerika tot Afrika en van Europa tot Asië.

Sekerlik, die opkoms van outokrasie regoor die wêreld sloop die verkiesings van 2024 van liberale demokrasie. As hierdie tendense aanhou, sal ons toekoms sekerlik aspekte van outokrasie naboots.

Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.