In teenstelling met die standpunt in die parlementêre mosie, is die huidige beleidsinstrumente, insluitende die gewillige verkoper-beleid en ander bepalings van artikel 25 van die Grondwet, nie die hooffaktore wat doletreffende grondhervorming belemmer nie. Volgens die hoëvlak-paneelverslag kan die mislukking van grondhervorming tot dusver hoofsaaklik toegeskryf word aan die onbevoegdheid van die betrokke regeringsdepartemente en tot korrupsie. Die huidige formulering van artikel 25 en ‘n behoorlike wetgewende raamwerk kan en behoort gebruik te word om die grondhervormingsproses te bespoedig en eiendomsregte aan almal uit te brei. Artikel 25 is nie behoorlik aangewend om dit te doen nie, soos die hoëvlak-paneelverslag bepaal.

Meer belangrik, ons glo ook voorts dat ‘n wysiging aan artikel 25 ten einde OSV moontlik te maak, ‘n uiters negatiewe politieke uitwerking sal hê op die land, met inbegrip van poltieke onstabiliteit en selfs anargie. Dit sal die nasionale akkoord wat in 1994 en 1996 bereik is, so te sê vernietig. ‘n Wysiging aan artikel 25 om OSV moontlik te maak, sal landbouproduksie en voedselsekuriteit skade berokken, en dit sal ook toekomstige beleggings en ander sektore van die ekonomie negatief raak – in teenstelling met wat die parlementêre mosie en die ANC se resolusie by Nasrec duidelik ten doel gehad het.

Uit ‘n regsoogpunt sal ‘n wysiging aan artikel 25, wat die term “algemeen geldende regsvoorskrif” geskrap het, sal in teenstelling wees met die beperkingsklousule in artikel 36(1)(a). Deur ‘n spesifieke groep van die Suid-Afrikaanse bevolking te teiken, is die wet nie meer ‘n algemeen geldende regsvoorskrif nie, en sal dit in stryd wees met die waardes van artikel 36, spesifiek van gelykheid betref. Daarbenewens, indien die wysiging die verwysing na regverdige en bilikke vergoeding skrap, en dit met geen vergoeding vervang, sal dit die grondliggende waardes van die Grondwet skend wat Suid-Afrika as ‘n nasie gevestig het wat op die Oppergesag van die Reg geskoei is. Deur die regverdige en billike vereiste vir vergoeding te skrap, word die beginsels van legaliteit, wat die Oppergesag van die Reg verskans, geskend. Laastens sal die skrap van die jurisdiksie van die hof betreffende die finalisering van vergoeding alle bekende regsbeginsels oortree, gegewe dat die howe die hoogste beskermers van die reg en die Grondwet is.

Die Stigting se sterk standpunte in hierdie verband beteken nie dat ons die status quo oor eiendomsregte en grondhervorming ondersteun nie. Daarom het die Stigting se voorlegging verder ‘n aantal aanbevelings gemaak oor hoe om eiendomsregte aan alle Suid-Afrikaners uit te brei en betekenisvolle grondhervorming te bewerkstellig. In hierdie verband is ons van mening dat daar behoefte is aan koherensie van beleid en ‘n behoorlike wetlike raamwerk vir grondhervorming/herverdeling (insluitende ‘n behoorlike definisie van grondhervorming); dat die hervormingswetgewing van onroerende goedere onvoldoende regsbeskerming bied en verander moet word; en dat daar behoefte is aan veilige informele grondregte in beide stedelike en landelike gebiede (insluitende herverdeelde en herstelde grond). Die Stigting maak ook die punt dat daar ‘n dringend behoefte is aan ‘n volskaalse en akkurate grondoudit. By die implementering van grondhervorming glo ons dat ‘n spesiale doel-voertuig (SdV) deur die wet ingestel moet word om eiendomsregte aan alle Suid-Afrikaners uit te brei en grondhervorming effektief te implementeer.

Die Stigting sal homself beskikbaar stel om mondelinge voorleggings aan die openbare verhore van die Grondwetlike Hersieningskomitee te maak.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
17 Junie 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.