Klaus het `n BA-graad in Sosiale Dinamika (Universiteit van Stellenbosch), ‘n BA(Hons)-graad in Politieke Kommunikasie (Universiteit van Kaapstad) en `n LLM-graad inInternasionale Studies (Universiteit van Leipzig, Duitsland). Gedurende die loop van sy studies op Stellenbosch was hy aktief betrokke by strukture vir studente; hy het ‘n uitruilprogram vir studente in Nederland bygewoon en het op die Studenteraad gedien. Tydens sy nagraadse studies het hy gewerk as ‘n student-assistent, tutor en navorser.
Klaus sal
- enige ontwikkelings monitor wat inter-gemeenskapsverhoudinge kan raak;
- die bepalings in die Grondwet ondersteun wat taal-, onderwys- en kulturele regte erken en beskerm. Hy sal spesifiek voortgaan met die Stigting se werk ter ondersteuning van Afrikaans op universiteitsvlak;
- artikels skryf en navorsing doen oor multikulturele samelewings en inter-gemeenskapsverhoudings; en sal
- aktiewe stappe doen om mense te help om hul kulturele en taalregte op te eis en om situasies aan te pak wat nadelig kan wees vir inter-gemeenskapsverhoudinge.
Ons wil Klaus graag by ons span verwelkom en ons wens hom alle voorspoed toe met die belangrike uitdagings wat voorlê.