Die FW de Klerk Stigting se twee Sentrums – die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Sentrum vir Eenheid in Diversiteit (SED) – streef na die respek vir en beskerming van die waardigheid van almal in Suid-Afrika, asook die aanvaarding en viering van diversiteit deur die handhawing van die regte wat in ons Grondwet verskans is. Die Stigting ondersteun voorts ook, deur middel van ons Ondersteuning vir Liefdadigheidsprogram, ‘n klein aantal plaaslike organisasies wat sorg vir kinders en jong mense met gestremdhede, en jongmense uit benadeelde gemeenskappe. In samewerking met hierdie organisasies dra die Stigting deur die jaar – en nie net op Mandeladag nie – by tot betekenisvolle verandering.

Vanjaar sal die personeel van die Stigting en die SGR weereens praktiese Mandeladag projekte aanpak. Woensdag, 18 Julie sal die span die dag deurbring by Innovation for the Blind (voorheen die Instituut vir die Blindes) in Worcester, waar hulle ‘n vertrek vir een van die multi- en siggestremde inwoners sal verf. Donderdag, 19 Julie sal die personeel die middag help om die gronde van Iris House Children’s Hospice in Bellville op te knap.

Die Stigting het langdurige verhoudings met albei hierdie waardige organisasies wat onvermoeid werk om ‘n daaglikse, positiewe verskil in die lewens van kinders en persone met gestremdhede te maak.

Daarbenewens sal die FW de Klerk Stigting se raad op 18 Julie vergader, met voormalige President FW de Klerk, voorsitter, Dave Steward en Uitvoerende Direkteur, dr Theuns Eloff, teenwoordig. Die Raad sal ‘n mosie aanvaar om die lewe en werk van voormalige President Mandela te herdenk. Die Raad sal ook onder andere die stand waarin die nasie verkeer, en verskeie aktiwiteite van die Stigting bespreek wat daarop gemik is om volhoubare verandering in Suid-Afrika en vir almal wat daarin woon, te verwesenlik.

Vir meer inligting oor Innovation for the Blind: http://innovationfortheblind.org
Vir meer inligting oor Iris House Children’s Hospice: http://iris-house.org

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
17 Julie 2018

Leave a Reply

Your email address will not be published.