Hierdie kru en goedkoop raspolitiek deur die EVV, hoewel dit nie ‘n verrassing is nie, wys net weereens op die party se se minagting vir die waardes van ‘n nie-rassige grondwetlike demokrasie, maar ook beduidend, ‘n gebrek aan begrip van beleidmaking binne die Tesourie.
Shivambu en die EVV is wyd gekritisteer deur regdenkende mense vir aanhitsing van rassespanning en die ondermyning van die proses van transformasie en samehorigheid in Suid-Afrika. Suid-Afrika verdien beter.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
7 Junie 2018