+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

 

Hierdie xenofobiese optrede, wat klaarblyklik gemik is op buitelandse winkeleienaars en inwoners, verontagsaam daardie grondwetlike waardes en regte wat ten doel het om ’n samelewing daar te stel wat op menswaardigheid, gelykheid en vryheid en sekerheid van die persoon gebaseer is. Volgens mediaberigte ontken die polisie dat die aanvalle xenofobies van aard is. Hulle blameer eerder die geweld op kriminele elemente in die gemeenskap.

Die regering het ’n grondwetlike plig om te verseker dat die reg van elke persoon in Suid-Afrika om vry van alle vorms van geweld te wees beskerm en verwesenlik word – ongeag hul nasionaliteit en ongeag of dit uit publieke of private oorde kom. Gevolglik kan die SA Polisiediens (die SAPD) en ander wetstoepassingsinstellings nie ander pad kyk wanneer buitelandse sakeondernemings geplunder word en buitelandse burgers aangeval word nie. Alhoewel die SAPD volgens berigte baie inhegtenisnames gemaak het en die President glo die Kabinet se groep oor sekuriteit opdrag gegee het om die situasie onder beheer te kry en normaliteit te herstel, kan hierdie sinnelose geweld nie alleenlik deur wetstoepassing en polisiëring voorkom word nie.

Wat ons eerder dringend in Suid-Afrika nodig het is ’n hernude gevoel van verdraagsaamheid, wedersydse respek en toewyding tot ons grondwetlike waardes. Sodanige gemoedstemming kan egter nie gepolisieer word nie en moet deur almal bevorder word – van die President en politieke leiers, tot die mense van Suid-Afrika.

Ons Grondwet aanvaar nie ’n samelewing waarin mense vervolg word weens nasionaliteit, ras, etnisiteit, kultuur, taal, geslag, seksuele oriëntasie, gestremdheid, ouderdom of op enige ander gronde nie. Ons moet ook nie.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte

Foto: The Advocacy Project / Foter / CC BY-NC-SA
 


Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).