Hy het gesê dat die era van homogene nasie verby is. “Immigrasie, emigrasie en die geskiedenis soos dit ontvou het gelei tot ’n situasie waar bevolkings regoor die wêreld al hoe meer divers raak – en waarin die grootste meerderheid van lande oor minderhede beskik wat meer as 10% van hul bevolkings uitmaak.”

Diversiteit het twee breë oorspronge: eerstens, waar verskillende mense geskiedkundig ingesluit is binne dieselfde grense; en tweedens, as gevolg van immigrasie.

Volgens De Klerk is historiese minderhede in baie dele van die wêreld besig om toenemend onrustig te raak. “In streke soos Skotland, Katalonië , Koerdistan, die Donbass-streek van die Oekraïne – en selfs Venesië – lande wat lank dormant was”, is weer besig om te ontwaak – met verreikende gevolge vir die lande waaraan hulle behoort”.

Die krisis in Oekraïne spruit ook uit sy versuim om diverse etniese en linguistiese gemeenskappe te akkommodeer. “77.5% van die bevolking is etniese Oekraïners en 17.2% is etniese Russe. Baie van die etniese Oekraïners praat egter Russies as eerste taal – 67% van die mense praat Oekraïens en 30% praat Russies. Die politieke verdeeldheid stem ooreen met die tale wat gepraat word. In die verkiesing in 2010 het die noordwestelike deel van die land, wat hoofsaaklik Oekraïens praat, vir Yulia Tymoshenko gestem, terwyl die Russiessprekende suidoostelike deel hul steun aan haar teenstander, Viktor Yanukovych, toegesê het. Yanukovych het die verkiesing, wat oor die algemeen as vry en regverdig beskou is, gewen. Tymoshenko het in die tronk beland”.

De Klerk het gesê dat die probleme verlede jaar in Februarie ’n brandpunt bereik het toe Yanukovych ’n ooreenkoms met die EU verwerp het en nader aan die Russe beweeg het. Nadat onluste uitgebreek het, wat hoofsaaklik aangehits is deur Oekraïense stemme wat die EU goedgesind is, is Yanukovych gedwing om na Rusland te vlug en sy weelderige presidensiële paleis en oorvloedige bewyse van korrupsie in die staat agter te laat.

Een van die eerste dade van die nuwe Oekraïense parlement was om Russies as streektaal af te skaf. Alhoewel die maatreël gevolglik deur die waarnemende President geveto is, het dit getuig van die revolusionêres se anti-Russiese houding.

Die Russe het vinnig teruggekap deur die Krim in te val, wat hoofsaaklik deur etniese Russe bevolk word en wat die strategiese Russiese vlootbasis van Sebastopol insluit.

Dit het gelei tot teenbeskuldigings deur die Weste en die instelling van sanksies wat hoofsaaklik teen Russiese leiers gemik is. Sedertdien steun Rusland ongetwyfeld ’n Russiese opstand in die suidooste van Oekraïne. Europa staar een van die ernstigste militêre konfrontasies sedert die einde van die Koue Oorlog in die gesig.

De Klerk het opgemerk dat dit alles “die behoefte aan die doeltreffende bestuur van etniese, godsdienstige en linguistieke diversiteit in ’n toenemend multikulturele wêreld beklemtoon. Watter regte behoort hierdie minderhede hê om hul tale te praat, om hul kulture en godsdienste vrylik uit te oefen en om hul eie kulturele en taalaangeleenthede te bestuur?”

Hy het gevra of minderhede wat uit duidelike streeksmeerderhede bestaan die reg behoort te hê om af te stig – en het daarop gewys dat hierdie reg in die geval van Skotland en Quebec aanvaar sou word – indien meerderhede wat ten gunste van afstigting was hul referendums gewen het.

Die meeste lande met etniese minderhede – met inbegrip van Rusland – is egter vasbeslote oor die behoud van hul territoriale integriteit.

Volgens De Klerk is die krisis in Oekraïne nie alleenlik deur wrywing in streke en taalbeleid veroorsaak nie: die onderliggende oorsaak was dat Oekraïne, ná die omverwerping van die Yanukovych-regering, begin het om na die Europese Unie te leun. Vir die Russe – wat nog rou na die vernedering van die verbrokkeling van die Sowjet-Unie – was dít ondraaglik.

De Klerk het gewaarsku dat niemand die Russiese Beer moet ignoreer wanneer dit in ’n gevaarlike bui is nie. Hy het gesê dat die feit dat lande die belange van ander state in ag moet neem in die mate waarop hulle mag beheer, een van die blywende beginsels van internasionale betrekkinge is – of mens daarvan hou of nie.

Rusland is die grootste land in die wêreld en kan gebeure in al die streke waaraan dit grens, beïnvloed. Op militêre gebied is dit die tweede magtigste land in die wêreld.

Die situasie raak al hoe meer onstabiel weens die huidige ineenstorting van die Russiese ekonomie; die sanksies wat deur die Weste ingestel is; en die diep gevoel van vernedering en vervreemding wat die Russe sedert die ineenstorting van die Sowjet-Unie ervaar het. Dit het ‘n uiters gevaarlik kombinasie tot gevolg gehad

De Klerk het gesê dat hy neig om met Henry Kissinger saam te stem dat die Weste se versuim om die spesiale betekenis wat Oekraïne vir Rusland ingehou het, te verstaan, ’n “fatale fout” was.

De Klerk het voorgestel dat Suid-Afrika se grondwetlike onderhandelings in die vroeë 90s in ’n mate betrekking het op die situasie in Oekraïne – alhoewel die twee situasies in baie opsigte baie verskil. Hy het gesê dat die Weste

Die toekomstige stabiliteit en sekuriteit van ’n baie groot deel van die wêreld mag daarvan afhang.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Foto: BRJ INC. / Foter / CC BY-NC-ND


Leave a Reply

Your email address will not be published.