+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Die video van die voorval kan hier afgelaai word:

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/kyk-eff-lede-vloek-daag-man-uit-op-parkeerterrein-20200909

Die gedrag van die EFF-lede is onversoenbaar met die grondliggende waarde van nie-rassigheid, en kan neerkom op kommunikasie wat ‘redelikerwys vertolk kan word om ‘n duidelike bedoeling te toon om (a) kwetsend te wees; (b) skadelik wees, of om kwaad aan te wakker; en (c) om haat te bevorder of te versprei ”- ingevolge artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Verbod op Onbillike Diskriminasie. Sodanige optrede is heeltemal onaanvaarbaar in terme van die kernwaardes van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat insluit:

(a) Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede;
(b) Nie-rassigheid en nie-seksisme; en
(c) Heerskappy van die grondwet en die oppergesag van die reg.

Rassistiese aanvalle op Suid-Afrikaanse burgers – veral deur lede van ‘n geregistreerde politieke party – is ‘n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge en vir die waardes waarop ons nuwe samelewing gevestig is.

Enige propaganda of idee wat die rasse-meerderwaardigheid of minderwaardigheid van enige persoon voorstel, insluitend aanhitsing tot, of deelname aan enige vorm van rassegeweld, moet deur alle Suid-Afrikaners verwerp word.

Die FW de Klerk Stigting het hierdie saak na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verwys.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
10 September 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published.