Dit is jammer dat hy besluit het om sy mening op Vryheidsdag – ’n dag waarop alle Suid-Afrikaners die stigting van ons nuwe nie-rassige grondwetlike demokrasie behoort te vier – te lug, aangesien dit afbreek doen aan die nasionale eenheid wat ons tydens die afgelope 20 jaar probeer verwesenlik.

Ons volkslied is inderdaad ’n toegewing – maar so ook was ons Grondwet in baie opsigte. Dit was op grond van die pynlike toegewings wat al die partye wat aan die onderhandelings deelgeneem het moes maak dat ’n ooreenkoms oor ons nuwe samelewing bereik is. Soos voormalige President De Klerk op Vryheidsdag opgemerk het, het “27 April nie neergekom op die oorwinnig van sommige Suid-Afrikaners bó ander nie. Dit was ’n wonderlike oorwinning vir ons almal. Op 27 April het almal van ons – ongeag ons ras – baie meer regte en vryhede geniet as wat enige van ons voorheen geniet het.” Hy het bygevoeg dat “dit ons trotste oomblik as Suid-Afrikaners was – ongeag ons ras, geslag of ons agtergrond. Tot verbasing van die wêreld het ons daarin geslaag om eeue se bitterheid, twis, onderdrukking en verdeeldheid te oorkom ten einde ’n historiese ooreenkoms te bereik oor die toekoms van ons land.”

Ons mooi volkslied herinner ons daaraan dat ons almal betrokke was by die skep van ons nuwe samelewing en dat, soos ons Grondwet verklaar, “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.” Dit is duidelik ’n waarheid wat mnr Makhanya eerder wil vergeet.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Foto: darkroom productions / Foter /Creative Commons Attribution-NonCommercial 2.0 Generic (CC BY-NC 2.0)


Leave a Reply

Your email address will not be published.