Dit sluit ‘die misdaad van apartheid’ in as ‘n misdaad teen die mensdom en omskryf dit as “onmenslike dade … gepleeg in die konteks van ‘n institusionele regime van sistematiese onderdrukking en oorheersing deur een rassegroep oor enige ander rassegroep of -groepe en gepleeg met die bedoeling om daardie regime te handhaaf. ”
Die FW de Klerk Stigting ondersteun hierdie bepaling. Dit kan ook gesien word as die wetgewende uitdrukking van Nelson Mandela se verklaring tydens sy intreerede dat “nooit, nooit en nooit weer sal dit wees dat hierdie pragtige land weer die onderdrukking van een deur ‘n ander sal beleef nie.”
Die FW de Klerk Stigting bly diep toegewyd tot nasionale versoening en die bereiking van die grondliggende waardes waarop die Grondwet gebaseer is – insluitend menswaardigheid, die bereiking van gelykheid, die bevordering van menseregte en vryhede; nie-rassigheid en nie-seksisme, die oppergesag van die Grondwet en die oppergesag van die reg en ‘n egte veelpartystelsel van demokratiese regeringsbestuur.
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
17 Februarie 2020