Hy het aan die Raad gesê dat sy grootste beweegrede vir die besluit is om die voortbestaan van die Stigting te verseker wanneer hy nie meer op die toneel is nie. Hy sal egter steeds aktief betrokke wees by die Stigting se werk en sal steeds ’n raadslid wees.

Na afloop van sy aankondiging het die Raad een van sy lede, dr Theuns Eloff, die voormalige Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), aangewys om hom as Voorsitter te vervang.

FW de Klerk het die Stigting in 1999 gestig. In 2006 het die Stigting sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) van stapel gestuur. Die Stigting se aktiwiteite sluit in die bevordering van die Grondwet, die bevordering van positiewe verhoudinge tussen gemeenskappe in multikulturele samelewings; die voorsiening van inligting oor FW de Klerk se presidentskap; en steun aan organisasies wat na gestremde kinders omsien.

Die Raad het mnr De Klerk vir sy enorme bydrae tot die Stigting bedank en het hul blydskap uitgespreek dat hy steeds ’n raadslid sal wees. Hulle het besluit om die spesiale titel emeritus-voorsitter aan hom toe te ken.

Vanmiddag se raadsvergadering was die eerste onder dr Eloff se voorsitterskap.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
2 Februarie 2015



Leave a Reply

Your email address will not be published.