Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

VERANDERINGE IN EKONOMIESE PRIORITEITE IN DIE ONLANGSE BEGROTING: WAT HET VERANDER?

Uitgereik deur Ezra Mendel namens die FW de Klerk-stigting op 23/08/2024

 

Inleiding

Die afgelope dekade was uiters kompleks vir Suid-Afrika om rigting te kry veral teen die agtergrond van baie binnelandse en wêreldwye ekonomiese druk. Met hierdie in gedagte, sal hierdie artikel bepaal of Suid-Afrika se ekonomiese prioriteite op grond van die nuutste begrotingstoespraak noemenswaardig verander het.

 

Die Staat van Suid-Afrika se Ekonomie tans
Suid-Afrika se ekonomie vandag is die gevolg van jare se binnelandse en internasionale ekonomiese skommelinge. Dit omvat Suid-Afrika se deurlopende swak gradering deur kredietgraderingsagentskappe tot pandemies wat wêreldwye markte en ekonomieë gebroke gelaat het. Die nuutverkose regering staan voor ‘n groot taak om prioriteite vir ons ekonomie te bepaal.

Suid-Afrika se huidige kredietgraderings deur S&P is “BB-/B” vir buitelandse skuld en “BB/B” vir plaaslike skuld. Hierdie graderings is onder beleggingsgraad, wat daarop dui dat Suid-Afrika se skuld as spekulatief of “junk”-status beskou word, wat kommer oor die land se ekonomiese uitdagings en finansiële risiko’s reflekteer, veral rakende staatsbeheerde maatskappye.

Suid-Afrika se BBP het in 2023 van 1,9% in 2022 na 0,6% in 2023 gedaal. Alhoewel Suid-Afrika se ekonomie daarin geslaag het om na sy pre-pandemie vlakke te herstel, is die momentum van hierdie herstel vertraag deur swak strukturele groei, as gevolg van kragtekort en logistieke beperkinge weens vervalle infrastruktuur in terme van Suid-Afrika se hawens en spoorwegstelsels. In Kwartaal 1 2024 het die BBP met 0,1% kwartaal-oor-kwartaal gedaal, met jaarlikse groei beperk tot 0,5%. Inkrimping van huishoudelike besteding, vaste investering en uitvoere, tesame met voortdurende uitdagings in die vervaardiging en mynbou sektore, het die ekonomiese prestasie verder beïnvloed.

Volgens Stats SA is die sektorale prestasie in 2023 as volg:

Belangrik om te noem is dat die toestand van Suid-Afrika se elektrisiteits- en logistieke infrastruktuur ‘n groot impak gehad het op die prestasie van die verskillende ekonomiese sektore. Die Departement van Openbare Ondernemings het 99,3% (R34 miljard van R34,4 miljard) van sy finale toekenning bestee. Noemenswaardig is dat die finale toekenning hoofsaaklik bestaan het uit toekennings aan staatsbeheerde ondernemings, naamlik Eskom, wat die meeste fondse van ander openbare ondernemings gekry het, R21,9 miljard. Ten spyte hiervan, het uitgebreide beurtkrag alle sektore getref, wat hulle algehele prestasie beïnvloed het.

‘n Oorsigtelike ontleding van die prestasie van verskeie ekonomies belangrike sektore wys dat landbou met 12,2% gekrimp het, wat die grootste jaarlikse afname in landbouproduksie sedert 1995 is. Dit kan toegeskryf word aan ernstige kragonderbrekings sowel as verskeie siektes en oorstromings wat die afname veroorsaak het. Verder is die Departement van Landbou in 2023 minder fondse toegeken, met slegs R17 miljard in vergeleke met die R18 miljard wat in 2022 ontvang is. Besteding het egter in die 2022/2023 jaar toegeneem vergeleke met die 2021/2022 finansiële jaar.

Positief egter, die mynbedryf het  ‘n toename van 2,4% gesien, aangedryf deur ‘n toename in produksie van natuurlike hulpbronne. Mynverkope het egter afgeneem weens swak globale vraag. Die vervaardigingsbedryf het ‘n beskeie groei van 0,2% beleef, met verkope wat met 9,7% gestyg het, danksy verhoogde vraag na petrochemikalieë en voertuie. Die finansiële, eiendom en besigheidsdienstebedryf was ‘n uitstaande presteerder in 2023, met ‘n uitbreiding van 1,8% en bydrae van 0,4 persentasiepunte tot BBP-groei. Ander sektore, insluitend persoonlike dienste, vervoer, berging en kommunikasie, vervaardiging, konstruksie en regeringsdienste, het ook bygedra tot die versterking van die ekonomie. Noemenswaardig is die feit dat die konstruksiesektor sy eerste positiewe groei sedert 2016 gesien het, met ‘n uitbreiding van 0,6%.

Terwyl daar gekyk word na die toekenning van ander sleutel ekonomiese departemente, kan ons nie die probleme binne belangrike departemente soos Openbare Werke en Infrastruktuur ignoreer nie, wat gesukkel het om sy doelwitte te bereik weens konstante onderbesteding, en Handel, Nywerheid en Mededinging wat gesien het hoe hul begroting afneem van R11,8 miljard in die 2021/22 finansiële jaar na R10,9 miljard in die 2022/23 finansiële jaar. Dit was te wyte aan die stadige ekonomiese herstel na die pandemie en die Julie 2021 plundering.

Suid-Afrika se ekonomie toon ook tekens van veerkragtigheid. Hierdie veerkragtigheid sal egter nie lank duur nie en dit is noodsaaklik dat die 7de administrasie dit aanspreek.

 

Veranderings in Ekonomiese Prioriteite
Een van die grootste verantwoordelikhede wat op die Regering van Nasionale Eenheid (“GNU”) geplaas is, is die herlewing van Suid-Afrika se ekonomie. Voor die 2019-verkiesings is dieselfde hoop en aspirasie op President Cyril Ramaphosa geplaas nadat die nasie sy vertroue in die Zuma-administrasie verloor het. Dit vanwee die feit dat Suid-Afrika se ekonomie agteruitgeboer het en die staat gekaap is. Ten spyte van wye steun, het Ramaphosa se 6de administrasie nie die ekonomie na die gewenste vlakke geneem nie. As leier van die 7de administrasie het President Ramaphosa ‘n kans om homself te bewys. Die besluit om ‘n regering van nasionale eenheid met partye wat die Grondwet steun en respekteer te vorm, was die eerste stap in die regte rigting. Die markte het positief gereageer.

Tydens die opening van die sewende parlement het President Ramaphosa sy administrasie se prioriteite uiteengesit. Dit behels inklusiewe groei en werkskepping, armoedevermindering en die aanpak van die hoë lewenskostes. Ook die bou van ‘n bekwame, etiese en ontwikkelende staat, wat nie afwyk van wat vorige administrasies gepoog het om te bereik nie. Hy het die behoefte aan stabiliteit in die regering in die metros en verbeterde dienslewering in munisipaliteite beklemtoon, wat albei krities is vir ekonomiese impak.

President Ramaphosa het belowe om investering in infrastruktuur te intensifiseer, met die doel om Suid-Afrika oor die volgende vyf jaar in ‘n konstruksiesentrum te transformeer. Die nuut aangestelde Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het hierdie sienings herhaal en belowe om die “Bou-mafia” aan te spreek, wat groei in die konstruksiesektor belemmer. Ook om spoorweë en hawens te verbeter.

Die stygende lewenskoste in Suid-Afrika het beduidende sosio-ekonomiese impakte, met baie huishoudings wat sukkel om in hul basiese behoeftes te voorsien. Die regering het belowe om geadministreerde pryse te hersien, om die mandjie van noodsaaklike BTW-vrye voedselitems uit te brei en die brandstofpryse aan te spreek. Misdaad het ‘n langtermyn negatiewe impak op Suid-Afrika se ekonomie, soos gesien in staatskapings, die kragkrisis en oneffektiewe hawens. Die regering het belowe om hierdie probleem aan te spreek deur wetstoepassingsagentskappe te moderniseer en hul hulpbronne uit te brei. Op hierdie manier sal daar ‘n groter kapasiteit wees om te verseker dat alle sektore floreer en dat die Grondwet ‘n werklikheid vir alle Suid-Afrikaners kan wees.

 

Die Pad Vorentoe
Alhoewel baie van die doelwitte wat gestel is ooreenkom met dié wat vorige administrasies ten doel gehad het, is daar nuwe hoop onder Suid-Afrikaners. Dit is dat die 7de administrasie politieke belange belyn met die Grondwet bevorder. Om ‘n pad vorentoe te bepaal, vereis deeglike ontleding en betrokkenheid. Dit is egter van uiterste belang om te erken dat Suid-Afrika se ekonomiese prioriteite gefokus is op die Grondwet. Die Grondwet bied die raamwerk vir alles wat prioriteit moet geniet. Deur dit te doen, verseker ons dat die Grondwet ‘n werklikheid is.