Bly ingelig
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.
Die FW de Klerk Stigting is ’n nie-winsgewende organisasie wat alleenlik deur private skenkings deur die publiek en maatskappye gefinansier word. Die Stigting het ’n klein operasionele begroting en is dus nie in staat om ander organisasies of projekte te finansier nie. Ons ontvang egter van tyd tot tyd skenkings van buitelandse organisasies vir die verspreiding daarvan aan kinderorganisasies.
Die Stigting finansier nié die volgende nie:
Individue (bystand vir mediese sorg, studies, beurse ens)
Konferensies, seminare of simposiums, of die reis of bywoning van sodanige geleenthede nie
Fondsinsamelingsgeleenthede (ontbyte, aandetes, ens)
Gedurende die afgelope vyf jaar het die Stigting meer as R2 miljoen na die volgende liefdadigheidsorganisasies gekanaliseer:
Die skenk van ’n skoolbus om kinders met intellektuele gestremdhede tussen hul huise en die skool te vervoer.
Nuwe fasiliteite en opleidingstoerusting vir outistiese kinders in die Wes-Kaap.
Spesiale loopbaanopleiding vir jong dowe volwassenes in die Wes-Kaap.
Beurse aan benadeelde kinders en naskoolse opleiding vir begaafde kinders in Limpopo.
Die aanneming van kinders met ernstige verstandelike gestremdhede, wat geen families het wat hulle ondersteun nie.
Verskaffing van spesiale toerusting ten einde mense wat gedeeltelik siende mense help om te kan lees.
Jeugontwikkeling, insluitend leierskap opleiding en akademiese onderrig.
Hoofdoel
Die Ondersteuningsprogram vir Skenkers is tot stand gebring ten einde ’n handige diens aan vriende van Suid-Afrika wil lewer wat die land wil help om sommige van die grootste probleme aan te pak. Die Stigting help internasionale skenkers deur NROs uit te wys wat bewese rekords het, deur met agentskappe wat projekte in werking stel te onderhandel en om betalings te kanaliseer. Skenkers ontvang gereelde vorderingsverslae en die Stigting hef nie fooie vir hierdie dienste nie.
Elita de Klerk, Trustee en vrou van voormalige president FW de Klerk, is die beskermheer van die FW de Klerk Stigting se internasionale Skenkersprogram. Vir meer inligting, of om ’n skenking te maak, kontak ons by +27 21 930 3622, of stuur ’n e-pos aan info@fwdeklerk.org.
Ons is verbind daartoe om gereelde kommunikasies op drukpunte te lewer asook deelname in die nasionale debat daaromtrent.
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy
FW de Klerk Foundation
129 Hatfield Street, Gardens, Cape Town, South Africa
+27 (0) 21 930 36 22
info@fwdeklerk.org
NPO number – 031-061
PBO number – 930004278
Legal Documents
Privacy Policy