+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

intern sonya kukiCouncil of Women World Leaders Gender & Public Policy Fellow Skool van Internasionale en Openbare Aangeleenthede aan die Universiteit van Columbia, kandidaat vir Meestersgraad in Internasionale Aangeleenthede (MIA), 2014

“Die Stigting het my die geleentheid gegee om te kyk na die wisselwerking tussen een van die mees progressiewe grondwette in die wêreld en ’n jong, lewendige demokrasie met ’n ingewikkelde geskiedenis, en gevolglik ook na die mate waarin die uitwerking en nalatenskap daarvan gemeet kan word aan die mense van Suid-Afrika. Die lesse wat hier geleer kan word is waardevol wat alle vlakke van staatkunde betref, veral vir ’n voornemende professionele persoon soos ek op die gebied van internasionale aangeleenthede. Ek kan nie in woorde uitdruk hoeveel my tyd by die Stigting en in Suid-Afrika my geleer het nie. Demokrasie – of dit nou ’n jong een is soos in Suid-Afrika, of ’n gevestigde een soos in die VS, verander die hele tyd – dit word aktief gevorm deur die magte wat krag put uit die mense wat daaruit bevoordeel wil word. Dit is dus iets wat nooit alleen moet ontwikkel nie, maar iets wat vertroetel en gevorm moet word en wat die konstante deelname en passie van die mense vereis – hoe moeilik of frustrerend dit ook al mag wees. Dít is waar die missie en werk van organisasies soos die FW de Klerk Stigting ter sprake is. Dit is hierdie belangrike organisasies, benewens die NWOs en NROs, wat die rol speel van ’n noodsaaklike mag om ons aan te moedig om so nou as moontlik aan die Grondwet te voldoen en om dit te waardeer, terwyl die nuwe dinamika oorweeg word van ’n samelewing wie se geskiedenis en nalatenskap as geheel so uniek is soos sy aparte dele en dus ’n heeltemal nuwe demokrasie van sy eie vereis.”

Sonya is tans besig met haar finale jaar van haar Meestersprogram aan die Universiteit van Columbia se Skool vir Internasionale en Openbare Aangeleenthede (SIPA) in New York, terwyl sy werk as ’n departementele navorsingsassistent vir die Skool vir Internasionale en Openbare Aangeleenthede se departement vir internasionale sekuriteitsbeleid, en ook vir die Sentrum vir Japanese Ekonomie en Besigheid.

Sonya Kuki: Artikel – This Women’s Day… Let’s Talk about Men /
Navorsingsartikel – Gender-based Violence in South Africa

Leave a Reply

Your email address will not be published.

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).