
Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
PARLEMENT INGELIG OOR REGSMENING OOR PRESIDENT SE VOORBEHOUD TEEN DIE GEHEIMHOUDINGSWET
Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 07/05/2024
Die Parlement se regsdienste het vanoggend saamgestem dat die meeste van die President se bekommernisse oor die ongrondwetlikheid van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting, ook bekend as die berugte Geheimhoudingswet, geldig is. Die President se genoemde bekommernisse sluit in dat die Wet onregverdiglik en onredelik inbreuk maak op die reg om inligting te ontvang en idees oor te dra en toegang tot inligting wat deur die staat gehou word, te verkry (artikels 16(1)(b) en 32(1)(a) van die Grondwet).
“Die FW de Klerk Stigting deel die President se bekommernisse dat die Geheimhoudingswet ongrondwetlik is. Die Stigting sal voortgaan om die Parlement se heroorweging van die Wet nougeset te monitor om te verseker dat dit hierdie bekommernisse ten volle aanspreek. Van uiterste belang is dat die Wet nie onregverdig en onredelik inbreuk maak op fundamentele regte óf Suid-Afrika se grondliggende waardes van ‘n responsiewe, verantwoordbare en oop regering nie,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program.
Die Parlement se Justisieportefeuljekomitee sal weer oor die Wet vergader om te besluit of die proses van voor af begin moet word óf eenvoudig aanbeveel dat die Nasionale Vergadering dit moet herroep aangesien dit grondwetlik onversoenbaar is. Die Komitee verwag dat die Departement van Justisie, die President se regspan en die Staatsveiligheidsagentskap teenwoordig sal wees by hierdie vergadering. President Cyril Ramaphosa het die Wet na die Parlement vir heroorweging teruggestuur nadat dit deur beide huise van die Parlement aanvaar is en na hom gestuur is om in wetgewing onderteken te word. Die nuwe Parlement het die Wet wat die onderwerp was van uitgebreide debat en ondersoek, weens sy breë definisies, drakoniese kriminalisering van die ontvangs van inligting, die afwesigheid van ‘n openbare belang verdediging en die toepassing daarvan op alle staatsorgane, ter tafel gelê.