Hoe om jou regte te beskerm

As jy voel dat jou regte ondermyn word, is die eerste stap om vas te stel of daardie reg deur [die Grondwet] beskerm word.  Gewoonlik lei kontrakbreuk nie tot `n grondwetlike eis nie en die regte stap om te volg sal wees om die ander party in die kontrak te dagvaar ingevolge die kontrak.

As daardie reg egter beskerm word deur die [Handves van Regte] is die volgende stap om vas te stel of jy `n begunstigde is van daardie reg – met ander woorde, of daardie reg op jou van toepassing is.  Die meeste regte is van toepassing op alle mense, maar sommige regte, soos kinderregte en burgerregte is slegs van toepassing op daardie bepaalde klas van begunstigde. 

As die reg binne die Handves van Regte val en dit op jou van toepassing is, is die finale stap om te besluit wie om te nader om jou by te staan ten einde daardie reg op te eis.


Wie kan jou bystaan?

As deel van `n verbintenis om nakoming aan die Grondwet te verseker, is hoofstuk 9-instellings deur die Grondwet geskep.  Hulle funksie is hoofsaaklik om spesifieke regte te bevorder en om bewerings van ondermyning van daardie regte te oorweeg.  As u voel dat `n reg wat binne die bestek van hul aktiwiteite val, ondermyn is, kan `n klagte by die aangewese instelling ingedien word.


Hoofstuk 9-instellings

Openbare Beskermer (Nasionale kantoor)

icon-phone-gold +27 (0) 12 366 7143 of 0800 11 20 40
icon-email-goldcustomerservice@pprotect.org
icon-info-goldwww.ppotect.org

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (Hoofkantoor)

icon-phone-gold+27 (0) 11 877 3600
icon-email-goldcomplaints@sahrc.org.za
icon-info-goldwww.sahrc.org.za

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe

icon-phone-gold+27 (0) 11 537 7600
icon-email-goldcomplaints@crlcommission.org.za
icon-info-goldwww.crlcommission.org.za

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (Hoofkantoor)

icon-phone-gold+27 (0) 11 403 7182
icon-email-goldcgeinfo@cge.org.za
icon-info-goldwww.cge.org.za

Die Ouditeur-generaal

icon-phone-gold+27 (0) 21 465 6539
icon-info-goldwww.agsa.co.za

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (Hoofkantoor)

icon-phone-gold+27 (0) 12 622 5700 of 0800 11 8000
icon-email-goldwebmaster@elections.org.za
icon-info-goldwww.elections.org.za


Nie-regeringsorganisasies (NROs)

In aansluiting tot die [hoofstuk 9]-instellings is burgerlike organisasies gestig met die uitsluitlike doel om die handhawing van die Grondwet te verseker. Individue wie se regte ondermyn is kan hierdie organisasies nader, wat die individu dan in die hof sal bystaan óf wat die hof in sake sal bystaan as amicus curiae – vriend van die hof – deur die ondermyning van die reg in regsterme te verduidelik.  


Regeringsorganisasies

In ooreenstemming met sy mandaat om te verseker dat elkeen die reg het op geregtigheid, het die regering ook verskeie liggame gestig wat individue sal help om hul regte op te eis. 

Die belangrikste een is die Regshulpraad wat basies as `n prokureur optree en die saak teen geen koste vir klaers wat nie regshulp kan bekostig nie, sal hanteer. 

`n Soortgelyke liggaam is die Padongelukfonds , wat `n persoon sal vergoed vir skade wat opgedoen is deur `n ander party se nalatigheid.  Die meeste munisipaliteite het ook Ombudsmanne of ‘waghonde’ tot stand gebring, by wie klagtes ingedienkan word, teen geen onkoste vir die klaer nie.

Regshulpraad

icon-phone-gold0800 110 110
icon-info-goldwww.legal-aid.co.za

Padongelukfonds

icon-phone-gold0860 23 55 23
icon-email-goldcomplaints@raf.co.za
icon-info-goldwww.raf.co.za


Die Regsprofessie

As beskermers van die Grondwet bied die regsprofessie ook gratis hulp aan diegene wat hul regte wil opeis.  Dit word gedoen deur wat bekend staan as die pro bono-stelsel.  Daar word van alle advokate en prokureurs verwag om `n sekere bedrag van gratis regshulp te bied aan diegene wat nie kan bekostig om te betaal nie.  Om van hierdie diens gebruik te maak moet jy aansoek doen by die Wetsgenootskap of die Balieraad in jou gebied.

Wetsgenootskap van Suid-Afrika

icon-phone-gold+27 (0) 12 366 8800
icon-email-goldLSSA@LSSA.org.za
icon-info-goldwww.LSSA.org.za

Algemene Raad van die Balieraad van Suid-Afrika

icon-phone-gold+27 (0) 11 784 0175/ 0178/ 0179
icon-email-goldgcb@mweb.co.za
icon-info-goldwww.sabar.co.za

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.