Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) bied toepaslik gekwalifiseerde en gretige individue die geleentheid om ervaring op te doen in die bevordering en beskerming van die waardes, regte en beginsels in die Grondwet.


Doelwit van internskap

cfcr interns

Die doelwit van internskappe by die SGR is om interns die geleentheid te bied om praktiese opleiding en ervaring op te doen na die behaling van hul eerste regsgraad, en verkieslik terwyl hul besig is met nagraadse studies. Dit bied interns die geleentheid om by te dra tot die bevordering van ons grondwetlike demokrasie deur vir die SGR navorsing te doen oor grondwetlike aangeleenthede, die voorbereiding van substantiewe dokumente in verhouding tot die werksaamhede van die SGR en om die SGR by te staan met sy strategiese doelwitte.

Internskappe is in beginsel gebaseer by die kantore van die SGR, waar interns onder die direkte toesig van die direkteur en professionele personeel van die SGR werk.

Spesifieke take en verantwoordelikhede


Kwalifikasies en vermoë


Tydperk 

Internskappe is op voortdurende basis beskikbaar vir ’n minimum van drie maande en ’n maksimum van 12 maande. Interns sal 5 dae per week werk (of soos op ooreengekom).


Hoe om aansoek te doen

Belangstellende individue wat aan die vereistes voldoen word uitgenooi om aansoek te doen deur die volgende dokumentasie aan info@cfcr.org.za te stuur:

Aansoeke moet die tydperk waartydens die aansoeker beskikbaar sal wees (totale tydperk en weeklikse werksdae) duidelik uiteensit. Potensiële kandidate sal op voortdurende basis gekontak word vir verdere oorweging.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.