Duke-universiteit in Noord-Carolina, VSA, Universiteit van Internasionale Besigheid en Ekonomie in Beijing, China.
Student in Politieke Wetenskap en Asiatiese en Midde-Oosterse studies.
“Ek het besluit om aansoek te doen om ’n internskap by die Stigting omdat ek nog altyd gedink het dat die Suid-Afrikaanse politiek uniek is. As kind van die 90’s het ek gelees van die einde van apartheid en die Nelson Mandela se presidensie. Die Suid-Afrikaanse politiek is die rede waarom ek besluit het om ’n loopbaan in politiek na te volg. Daarbenewens het ek nog altyd gedink dat FW de Klerk ’n uiters inspirerende politieke figuur is. Gedurende my tyd by die Stigting het ek die geleentheid gehad om te fokus op regstellende aksie-wetgewing en bewegings betreffende ekonomiese bemagtiging. Ek het ook die geleentheid gehad om insig te verkry oor die Suid-Afrikaanse politieke wêreld vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief, en kon dit vergelyk met my idee van politiek in Europa, die Verenigde State en China.”
Gianandrea (wat vlot is in Italiaans, Spaans, Frans, Mandaryns en Engels) is deur die Universiteit van Georgetown se Skool vir Buitelandse Diens gekies om na Doha, Katar, te verhuis om deel te neem aan ’n program wat fokus op politiek in die Midde-Ooste en die bestudering van die Arabiese taal.