GEO-POLITIEKE WEDYWERING EN KERNWAPENS IN DIE 21STE EEU

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting op 26/03/2024

 

Inleiding:

Hierdie artikel is die eerste in ‘n reeks oor kernwapens en die toenemende bedreiging wat hierdie wapens weer vir die beskawing inhou. In hierdie artikel sal ons kyk na die geopolitiek van kernwapens en pogings wat gemik is om die verspreiding van kernwapens te verbied.

 

Kernbewapening

Sedert die begin van die kernkrag-era en die Amerikaanse kernbom-aanval op die Japanese stede Hiroshima en Nagasaki in 1945, het kernwapens ‘n sentrale rol gespeel in die bewapeningsplanne van baie state en nie-staatlike rolspelers wat terroriste groepe en private militêre korporasies insluit. Alhoewel kernoorlog nie in die nabye toekoms voorsien word nie, hou kernwapens nog steeds ‘n groot risiko in vir globale stabiliteit – veral in ‘n era van verhoogde geopolitiese wedywering en politieke polarisasie. Nege lande besit tans kernwapens. Elke lidstaat van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (“VRVN”) besit ‘n groot arsenaal kernwapens – dit sluit tans die Verenigde State, Rusland, China, Frankryk, Indië, Pakistan, Noord-Korea, Israel en die Verenigde Koninkryk in.

 

Kernwapens per land:

 

Bron: Die Geopolitiek van Kernwapens – Geopolitieke Toekoms

 

Die beeld hierbo wys die aantal kernwapens wat lande besit. Wat ons daaruit kan aflei, is dat die Verenigde State van Amerika en Rusland duisende kernwapens in hul besit het. Tog, wanneer mens in ag neem dat die Verenigde State, Frankryk en die Verenigde Koninkryk almal lede van die NATO is, kan ‘n mens aflei dat die NAtO amper ‘n meerderheid in hierdie sfeer het.

Verder sien ons hoe kernwapens slegs as strategiese afskrikmiddels beskou kan word wat gebruik word om mag uit te oefen, nasionale sekuriteit te beskerm en aggressie van ‘n buitelandse staat of ‘n nie-staatlike rolspeler in toom te hou. In ‘n mate kan kernwapens gebruik word as ‘n manier om ‘n groter beïnvloedingsrol in die globale politieke arena uit te oefen, omdat ‘n staat met kernwapens toegang tot die binnekring waarbinne globale aangeleenthede oor besluit word, mag kry as om bloot net ‘n toeskouer te wees.

Alhoewel die kernarsenale wat op die kaart hierbo verstandig mag voorkom, is dit belangrik om daarop te let dat dit eens nog erger gelyk het: Die onderstaande beeld wys dat kernontwapening en beheer ‘n lang pad geloop het om die aantal kernwapens en kernprogramme wêreldwyd te verminder.

Bron: Die Geopolitiek van Kernwapens – Geopolitieke Toekoms

 

Lande wat voorheen kernwapens besit het soos hierbo aangedui, het gehoor gegee aan kernontwapeningsmaatreëls en -beheer aangesien hulle hul arsenaal en kernprogramme vrywilliglik opgegee het. Suid-Afrika het die eerste nasie geword om vrywillilikg sy kernwapenvermoë te vernietig as ‘n simbool van toewyding tot langdurige vrede en respek vir die internasionale gemeenskap. Dit bly die enigste land wat vrywillig wapens wat dit self ontwikkel het, opgegee het. Tydens die ampsperiode van voormalige President FW de Klerk in Maart 1993 tydens ‘n spesiale sessie van die Parlement, het hy aangekondig dat Suid-Afrika sy eie kernwapenprogram ontwikkel het, en onder sy leierskap besluit het om die program af te skaf. Daarmee saam het hy ook gekies het om die Verdrag oor die Nie-Verspreiding van Kernwapens (“NPT“) te teken. President de Klerk het gesê dat Suid-Afrika die kernwapenprogram in 1974 nagestreef het met die doel om sy nasionale belang te beskerm en dat dit as afskrikking teen aanvalle deur buurlande sou dien.

Die probleem met kernwapens as ‘n veiligheidsstrategie:

Alles moet gedoen word om te verseker dat kernontwapening plaasvind. Hoe meer kernwapens daar bestaan, hoe groter is die kans dat ‘n wêreldvreemde staat of nie-staatlike rolspeler hul hande op ‘n kernwapen mag lê. Dit kan slegs lei tot verhoogde globale onstabiliteit en kernkonfrontasie. Dit kan ook ‘n veiligheidsdilemma veroorsaak: as een land sy veiligheid verhoog (dalk deur meer kernwapens te bekom), kan ‘n ander land dit as ‘n bedreiging ervaar en begin om sy eie veiligheid te verhoog deur die proliferasie van kernwapens. Langdurige spanning tussen Indië en Pakistan het onstabiliteit aangevuur nadat Indië kernwapens in 1974 ontwikkel het en Pakistan, wat bedreig gevoel het, ‘n kernmag in 1998 geword het. Nasies soos Suid-Korea en Japan het ook tallose veiligheidsteun van die Verenigde State van Amerika versoek  teen Noord-Korea se ‘n kernmag. Sonder sulke sekuriteit van Amerikaanse magte in die gebied, sou beide nasies oorweeg het om kernwapens aan te wend as ‘n middel om hulself teen ‘n Noord-Koreaanse inval te beskerm.

 

Verskerping van aksies om verspreiding te staak:

VN-Sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het tydens die 74ste sessie van die Algemene Vergadering van die VN beklemtoon dat die aftakeling van kernwapens die hoogste prioriteit van die VN is, van dag een af, Mnr. Guterres omskryf sy standpunt as volg: “Ons streef na ‘n wêreld sonder kernwapens omdat ons weet dat hierdie wapens ‘n unieke en potensieel bedreiging vir ons mense en planeet se voortbestaan inhou.” Kernwapentoetse ondermyn ook die globale stryd teen klimaatsverandering, wat verreweg een van die ernstigste bedreigings is waarmee die mensdom in die 21ste eeu te kampe sal hê. Kernwapentoetse versoorsaak giftige bestraling in die atmosfeer wat risiko’s vir beide omgewingsstabiliteit en menslike gesondheid inhou. Die Verdrag oor die Verbod op Kernwapens (“TPNW”) is ‘n sleutelinternasionale ooreenkoms wat daarop gemik is om die gebruik van kernwapens te beperk. Beperkings draai rondom verbintenisse om nie kernwapens te toets, produseer, bekom, stoor, gebruik of te dreig om kernwapens te gebruik nie. Die verdrag het amptelik op 22 Januarie 2021 in werking getree. Ten spyte van hierdie werklikheid het verskeie kernmagte nie die verdrag onderteken of geratifiseer nie, wat die TPNW in wese ‘n nuttelose document maak. Rusland het sedert die uitbreek van die Rusland-Oekraïne-oorlog selfs so ver gegaan as om uit die Verdrag oor die Verbod op Kernwapentoesproeisels te onttrek.

 

Slot:

In ‘n era van poli-krisisse hou die ontwikkeling van kernwapens meer kwaad in vir die mensdom as goed. Die bedreiging of gebruik van kernwapens dien slegs om ‘n addisionele vlak spanning te skep waarmee die wêreld tans moet worstel. Watter oplossing óf beskerming kan kernwapens bied aan die wêreld in ‘n tyd van bedreigings soos klimaatsverandering, globale finansiële onstabiliteit en die altyd teenwoordige bedreiging van pandemies? Kernwapens is dus verouderd en vuur slegs wantroue tussen lande aan as om vrede te bevorder.