Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
GELEENTHEDE VIR SUID-AFRIKA IN GROEN ENERGIE: 'N BEGROTINGSPERSPEKTIEF
Uitgereik deur Siyakudumisa Zicina namens die FW de Klerk Stigting op 05/08/24
Inleiding:
Soos die wêreld op pad is om kweekhuisgasvrystelling te verminder om ‘n groener omgewing te skep, is Suid-Afrika se eie proses van ‘n regverdige energie-oorgang (“REO”) wat gerig is op die heropleiding en opgradering van die arbeidsmag binne en buite die energiesektor, besig om momentum te kry. Dit beteken dat Pretoria van plan is om werkers in die energie-sektor te skuif na sogenaamde “groen werk” binne die hernubare energiesektor, insluitend konstruksie, elektriese ingenieurswese en inligtingstegnologie. Hierdie progressiewe ambisies na ‘n volhoubare, lae-koolstof en billike energie-stelsel het daartoe gelei dat die land as ‘n pionier van die REO-proses regoor die wêreld beskou word.
Dit moet egter beklemtoon word dat Suid-Afrika se oorgang na ‘n regverdige energiebedeling komplekse sal wees, as gevolg van die land se langdurige afhanklikheid van steenkool, finansiële uitdagings en hoë werkloosheid. Dit is dus van kardinale belang om die beskikbaarheid van tegniese meganismes en menslike hulpbronne om die energie-oorgang te bestuur en te verseker dat dit “regverdig” is, krities te ondersoek. Van groter belang is die begrip van befondsing wat beskikbaar is vir Suid-Afrika se regverdige oorgang. Hierdie stuk ondersoek dus die land se REO-beweging vanuit ‘n begrotingsperspektief.
Regverdige Energie-Oorgang in die Praktyk:
Die REO-konsep verwys na die noodsaaklikheid om die proses van dekabornisering te bestuur sonder om sosiale en ekonomiese impakte te ignoreer. Dit is as dit korrek uitgevoer word. Die konsep erken dat die oorgang na hernubare energiebronne positiewe sosiale implikasies moet hê, veral vir gemeenskappe wat afhanklik is van fossielbrandstofbedrywe. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is die REO ‘n ‘eens-in-‘n-generasie’ geleentheid wat daarop gemik is om klimaatramp te voorkom terwyl dit ekonomieë en bedrywe transformeer om ongelykheid (artikel 9), uitsluiting aan te spreek en menswaardigheid (artikel 10) te bevorder, wat alles onvervreembare regte is (absolute menseregte wat onder geen omstandighede geskend mag word nie). Dus moet die REO gesien word as ‘n mensegesentreerde inisiatief wat die etos van menseregte in lyn bring en respekteer. Enige energie-oorgang word regverdig slegs as die oorgang:
- Verseker dat die uitdagings en geleenthede van die energie-oorgang billik versprei word sodat geaffekteerde gemeenskappe nie buitensporig benadeel word nie.
- Verseker dat dit fokus op heropleiding, opgradering en die skep van nuwe werksgeleenthede binne die groen energiesektor.
- Streef na ‘n mensegesentreerde benadering wat die regering, belanghebbendes, burgerlike samelewing en gemeenskappe betrek, waar die beginsels van menseregte, sosiale geregtigheid en gelykheid die oorgang na ‘n regverdige een rig.
Net so moet ‘n regverdige energie-oorgang streef na ‘n gesonde finansieringsmeganisme wat geleenthede vir opleiding, opgradering, heropleiding en die skep van nuwe groen werksgeleenthede sal oopmaak. Oor die afgelope jare het Suid-Afrika gestreef na ‘n finansieringsmeganisme vir sy energie-oorgang wat in lyn is met die etos van billikheid, sosiale geregtigheid en menseregte.
Suid-Afrika se Verskuiwing na Hernubare Energie: Ambisies Vs Realiteit?
“Soos ons ‘n regverdige oorgang na hernubare energie aanpak, moet Suid-Afrika verseker dat dit streef na ‘n hernubare energierevolusie wat beduidende groei en werkskepping in die volgende dekade en daarna sal bevorder,” sê President Ramaphosa. Die sukses van hierdie “energie-revolusie” hang af van befondsingsgeleenthede. Twee en ‘n half jaar gelede, by ‘n VN-klimaatkonferensie gehou in Glasgow, het die regerings van die Verenigde State van Amerika, Frankryk, Duitsland, Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Suid-Afrika die Regverdige Energie-oorgang Vennootskap (“REO-V”) onderteken en hulself verbind om Pretoria se pogings om kweekhuisgasvrystelling te verminder, finansieel te ondersteun en ‘n regverdige oorgang binne die energiesektor te bereik. Hierdie vennootskap het ‘n $8,5-miljard befondingspakket beloof van lande in die Groep van Sewe (“G7”) en Europese Unie (en later Nederland en Denemarke). Van die $8,5-miljard befondingspakket is slegs 24% toegeken aan Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang. Die regering het verskeie terreine binne die energiesektor vir sy REO -proses geprioritiseer, insluitend groen waterstof, regverdige oorgang binne steenkoolafhanklike gemeenskappe, nuwe energievoertuie en vaardigheidsontwikkeling wat broodnodige geleenthede skep (Figuur 1).
Tog het waarnemers die befondingspakket van die “REO-V” gekritiseer en beweer dat dit onvoldoende en ontoereikend is vir ‘n REO na hernubare energie wat vroeë geleenthede vir opleiding, heropleiding en opgradering skep. Dus, om die “REO-V” se pogings te ondersteun, het die Suid-Afrikaanse regering in 2022 die Regverdige Energie-oorgang Beleggingsplan (“REO-BP”) bekendgestel, wat later deur die kabinet in November 2023 goedgekeur is. Hierdie plan het uiteengesit hoe Suid-Afrika van plan is om voort te bou op en die vennootskapsfondse te gebruik (Figuur 2) vir beleggings vir ‘n mensegesentreerde regverdige oorgang (Figuur 3) en om in strategieë belê om sy regverdige energie-oorgang te versterk, insluitend om lenings by internasionale finansiële instellings te bekom(Figuur 4).
Figuur 1: Uitvoering van die Regverdige Energie-oorgang Vennootskap.
Bron: Die Suider-Afrikaanse Sentrum vir Ongelykheidsstudies (2024).
Figuur 2: Befondsing van die REO-BP Strategie, 2023–2027.
Bron: Die Presidensie (2022).
Figuur 3: Mensegesentreerde Regverdige Energie-oorgang?
Bron: Die Presidensie (2022).
Figuur 4: Lening by Internasionale Finansiële Instellings
Bron: Mahlaka (2024).
Suid-Afrika se befondsingsmengsel vir sy regverdige energie-oorgang proses, wat toekennings, beleggings en lenings insluit, is as te stadig beskou, maar versnelde vermindering van kweekhuisgasvrystelling en ‘n verskuiwing na groen energie word verwag. In Februarie het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, ‘n begrotingstoespraak gelewer wat op die energiesektor gefokus het. Ondermeer het hy bevestig dat sy ministerie van plan is om ‘n voorwaardelike toekenning van R2 miljard beskikbaar te stel om die komplekse energie-uitdagings binne munisipaliteite aan te spreek. Daarbenewens stel die regering befondsing beskikbaar vir die regverdige energie-oorgang proses en het $3,3 miljard van Multilaterale Ontwikkelingsbanke vir die doel ingesamel.
Boonop het die adjunk-direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Mmakgoshi Lekhethe, by die Klimaatsverandering-Simposium wat in Pretoria gehou in 2024 gehou is, die volgende bevestig: “Ons verwag dat verdere befondsing wat vir 2024 ingesamel sal word, in die omgewing van $2,3 miljard tot $2,4 miljard sal wees” om die regverdige oorgang in die energiesektor te befonds. Hierdie stappe stel ten doel om die hernubare energiesektor te stimuleer en by te dra tot die land se pogings om klimaatsverandering te bestry.
Nietemin het die regering verdere kritiek oor die regverdige oorgang ontvang, veral rakende die befondsingsprogramme. Een studie het die REO-V gekritiseer oor die “gebrek aan deursigtigheid rakende ontvangers van befondsing, projekte en hul impak op die samelewing”. Ander kritiseer die gebrek aan dringendheid in die uitrol van die planne vir die regverdige oorgang. Natuurlik moet Pretoria se regverdige energie-oorgang nou ‘n saak van aksie eerder as ambisie word, waar pogings gerig word op kweekhuisgasvrystelling te verminder, regverdige oorgang, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.
Slotopmerking:
Prioriteite rakende ‘n regverdige oorgang het nie verander nie Eerder versterk die Suid-Afrikaanse regering sy finansieringsmeganismes om te verseker dat dit ‘n regverdige energierevolusie bevorder. Dus moet die burgerlike samelewing toesien en verseker dat hierdie energierevolusie mensegesentreerd is.