+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM UITSPRAAK OOR ONREGMATIGE PERSOONLIKE BESKERMENDE TOERUSTING-KONTRAKTE

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 27/06/2025

 

Die FW de Klerk Stigting neem kennis van die Spesiale Tribunaal se uitspraak wat twee persoonlike beskermende toerusting-kontrakte, toegeken deur die Mpumalanga Departement van Gesondheid aan Vitae Zoe (Edms.) Bpk., as onregmatig en ongeldig verklaar het.

Die Tribunaal se besluit om hierdie kontrakte tersyde te stel en finansiële verhaal na te streef, is ’n belangrike stap in die rigting van aanspreeklikheid,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Artikel 195 van die Grondwet vereis etiese optrede, doeltreffende gebruik van hulpbronne en dat openbare administrasie verantwoordingspligtig moet wees. Hierdie uitspraak bevestig daardie beginsels,” verduidelik Ellerbeck.

Ismail Joosub, bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Bevordering Program, voeg by: “Die Stigting pleit al lank vir persoonlike aanspreeklikheid en verantwoordbaarheid in die openbare sektor. Die regsmeganismes bestaan, wat nodig is, is die politieke wil om dit toe te pas.

Die Stigting verwelkom ook die Kabinetsverklaring dat R11 miljard aan bates wat aan Staatskaping gekoppel is, verhaal is. Hoewel dit vordering aandui, beklemtoon die Stigting dat volgehoue politieke wil en vervolging noodsaaklik is om toekomstige misbruik te voorkom.