+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING LOOF TOEKENNING VAN NOBELPRYS VIR VREDE AAN VOETSOOLVLAK-BEWEGING VAN OORLEWENDES VAN ATOOMBOMAANVAL

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 22/10/2024

 

Die FW de Klerk Stigting loof die Noorweegse Nobelkomitee se besluit om die 2024 Nobelprys vir Vrede aan Nihon Hidankyo toe te ken.

Hierdie organisasie is ‘n Japanse voetsoolvlak-beweging van atoombom-oorlewendes van Hiroshima en Nagasaki. Dit het die Vredesprys ontvang o.a. vir die gebruik van die getuienis van die oorlewendes van Hiroshima en Nagasaki (die “Hibakusha”) om te wys waarom kernwapens nooit weer gebruik moet word nie,” sê Christo van der Rheede, die FW de Klerk Stigting se uitvoerende direkteur.

Oudpresident FW de Klerk het Suid-Afrika se kernwapens vernietig en onder sy leierskap het Suid-Afrika op 10 Julie 1991 tot die Kernsperverdrag toegetree. Hy is die enigste wêreldleier wat die kernwapens wat Suid-Afrika self ontwikkel het, vrywilliglik gedeaktiveer en vernietig het,” verduidelik Van der Rheede. “Met die gruwels van ’n wêreldwye kernwinter in gedagte en die huidige geopolitieke onstabiliteit, hoop die Stigting dat ander wêreldleiers President De Klerk se dapper leierskapsvoorbeeld sal volg deur hul lande te bevry van hierdie moreel-onaanvaarbare wapen wat sulke, potensieel katastrofiese humanitêre gevolge op ‘n globale skaal, tot gevolg kan hê.”

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).