+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

FW DE KLERK STIGTING LOODS KITSPEILING OM JEUG SE PERSEPSIES OOR RNE TE BEPAAL: OPTIMISME GETEMPER DEUR SKEPTISISME

Uitgereik deur Ismail Joosub en Ezra Mendel namens die FW de Klerk Stigting op 22/10/2024

 

Die FW de Klerk Stigting is trots om sy kitspeiling wat die Jeug se persepsies oor die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) toets, bekend te stel. Dit behels ‘n in-diepte opname wat die perspektiewe van 92 jong Suid-Afrikaners oor die eerste 100 dae van die Regering van Nasionale Eenheid (“RNE”) vasvang. Hierdie oorsig bied ’n gefokusde blik op die jeug se persepsies en beklemtoon sleuteltendense en bekommernisse van die deelnemers. Die bevindinge dui op ‘n versigtige optimisme, maar daarmee saam ook beduidende skeptisisme, met respondente wat beide die potensiaal en uitdagings van koalisiebestuur beklemtoon.

Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting, het die belangrikheid van jeugbetrokkenheid in kritiese politieke gesprekke beklemtoon. “Ons jeug is die bewakers van Suid-Afrika se toekoms. Hul insigte oor regeringsbestuur, veral in die vroeë stadiums van die RNE, bied waardevolle terugvoer aan ons leiers. Die resultate van die kitsopname weerspieël die grondbeginsels van ons demokrasie—deursigtigheid, aanspreeklikheid en inklusiwiteit—soos vervat in artikel 1 van die Grondwet.

Sleutelbevindinge van die kitspeiling dui aan dat 55,4% van die respondente van mening is dat die RNE “redelik goed gevaar” het, maar slegs 4,3% het positiewe vertroue uitgespreek in die vermoë van die RNE om kritieke maatskaplike kwessies soos werkskepping en armoedeverligting, aan te spreek. ‘n Herhalende tema in die responses was die kommer oor ‘n gebrek aan eenheid binne die koalisieregering, met 38% wat dit as die grootste uitdaging vir die RNE geïdentifiseer het.

Ismail Joosub, Bestuurder van Grondwetlike Bevordering by die Stigting, het die dringendheid beklemtoon om hierdie kwessies aan te spreek. “Die sukses van die RNE berus op sy vermoë om die waardes van samewerkende regering, soos uiteengesit in artikel 41 van die Grondwet, te handhaaf. Hierdie Kitsopname meet nie net die sentimente van die jeug nie, maar dien as ‘n oproep tot aksie vir die RNE om sy verbintenis tot ekonomiese hervorming en sosiale geregtigheid te versterk.”

Terwyl die jeug ‘n kritieke rol in die nasionale dialoog deurlopend vervul, dien dié Kitspeiling enersyds as barometer van die bestaande politieke klimaat en andersyds as ‘n aansporing vir betekenisvolle verandering.

                                                                           LEES DIE KITSPEILING