Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting
Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.
FW DE KLERK STIGTING BEVESTIG TEENKANTING TEEN NGV-WET NA HOOGGEREGSHOF SE UITSPRAAK OOR DIE SERTIFIKAAT VAN BEHOEFTE-SKEMA
Uitgereik deur Christo van der Rheede namens die FW de Klerk Stigting op 26/07/2024
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in Solidarity Vakbond en Andere teen Minister van Gesondheid en Andere, oor aspekte van die NHI Wet. Die Hooggeregshof se uitspraak het die grondwetlikheid van die Wet se vereiste dat dokters byvoorbeeld eers ‘n Sertifikaat van Behoefte (“SVB”) moet bekom voordat hulle by ‘n spesifieke plek mag werk.
Die Hof het bevind dat hierdie vereiste ongrondwetlik is (volgens artikel 36), omdat dit grondwetlike regte en vryhede – insluitend professionele vryheid (artikel 22), eiendomsreg (artikels 25(1) en 25(2)) en toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste (artikel 27) – onregverdiglik beperk. Hoewel die SVB-stelsel ten doel het om die geografiese plasing van dokters en verspreiding van gesondheidsinstellings te reguleer, het die hof geen rasionele verband tussen die stelsel en sy doelwitte gevind nie, wat dié beperking van regte dus onregverdig maak.
Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting, huldig die volgende mening: “Die Hooggeregshof se uitspraak oor die SVB-stelsel illustreer duidelik die gevare verbonde aan sentrale beplanningsmeganismes soos die NGV- Wet. Die Hof se bevinding dat die Wet se NGV-stelsel ongrondwetlik is, beklemtoon die Stigting se volgehoue bekommernisse. Die NGV-Wet, soos dit tans daaruit sien, voldoen nie aan die Grondwet nie en vereis aansienlike hersiening om in ooreenstemming met die Grondwet te wees. So sal effektiewe dienslewering en ‘n regverdige en billike gesondheidsorgstelsel vir alle Suid-Afrikaners verseker word.”
Ismail Joosub, Regsbeampte by die Stigting, is van mening dat “die Hooggeregshof se bevinding dat die SVB-stelsel regte soos professionele vryheid, eiendomsregte en toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste skend, weerspieël ons bekommernisse oor die NVG-Wet en beklemtoon dat sentrale beplanningsmeganismes, soos vervat in dié Wet, ons hardgewonne grondwetlike vryhede kan ondermyn.”
Die FW de Klerk Stigting ‘n beroep op die RNE om die NGV-Wet dringend te hersien om te verseker dat die hervormings grondwetlike regte en vryhede respekteer, deursigtigheid verseker en gefundeer is op pragmatiese en volhoubare beginsels.