Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het hierdie week in Johannesburg ‘n paneelbespreking aangebied oor ‘die ontluikende oppasser-staat, of sogenaamde ‘nanny state’, en die regering se versuim om voldoende met die publiek oorleg te pleeg tydens die ontwikkeling van wetgewing en regulasies soos vereis deur artikel 195 van die Grondwet.
Daar is geen foto’s vir hierdie geleentheid nie.