Stigter, Emeritus-Voorsitter en Trustee

bio-fwdeklerkTydens sy presidensie van September 1989 tot Mei 1994, het FW de Klerk apartheid ontbind en die inklusiewe onderhandelings, wat gelei het tot die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste demokratiese Grondwet in Desember 1993, ingestel en daaroor toesig gehou. Hy het ook in 1993, saam met Nelson Mandela, die Nobelvredesprys ontvang. Ná die verkiesing op 27 April 1994 het mnr De Klerk gedien as een van Suid-Afrika se twee adjunkpresidente tot 1996, toe sy party onttrek het uit die regering van nasionale eenheid. Hy het in September 1997 uit die aktiewe politiek getree. In 1999 het hy sy outobiografie, “Die Laaste Trek – ’n Nuwe Begin” gepubliseer en die FW de Klerk Stigting gestig. Die Stigting onderhou die Grondwet deur die werk van sy Sentrum vir Grondwetlike Regte en bevorder eenheid in diversiteit deur te strewe na goeie intergemeenskaplike verhoudinge en nasionale eenheid. Mnr De Klerk is ook voorsitter van die Global Leadership Foundation wat in 2004 gestig is en waarvan die paneel van voormalige presidente, eerste ministers en staatsmanne agter die skerms raad gee aan regeringshoofde oor aangeleenthede wat hulle raak.

[block border=”1px dashed #dedede”] global leadership foundationLees meer oor die Global Leadership Foundation.
Besoek die webwerf hier.

[/block]

{loadposition gallerypreview} 


Kliek hier vir meer foto’s.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.